<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Mnr. Ismael Bhamjee, uitvoerende lid van die Konfederasie van Afrika-sokker

(Caf), het Saterdag gesê Suid-Afrika sal hom moet regmaak vir straf van die

internasionale sokkerfederasie.

Ander wedstryde wat vir Vosloorus beplan is, is verskuif.

“Die mense moet aanvaar dat 'n mens 'n sokkerwedstryd ook kan verloor. Ons

mense moet in dié opsig nog baie opgevoed word,” het Oliphant gesê.

Mnr. Ngcondo Balfour, minister van sport, het gesê Safa sal 'n onafhanklike

ondersoek moet instel en dat die Vosloorus-stadion nie weer gebruik moet

word vir internasionale wedstryde nie totdat dié ondersoek afgehandel is.

Saterdagaand het gevegte in verskeie gebiede in Johannesburg, onder meer in Hillbrow, uitgebreek waar onskuldige Nigeriërs na bewering aangeval is.

Jaco Nel berig dat 'n groot groep mans gistermiddag uit die Sands Hotel in

O'Reillystraat, Berea, gestorm het, twee motors aangeval en twee insittendes

vermoor het. Die polisie het aanvanklik vermoed dat dit ook verband hou met

die sokkergeweld.

Later die aand is 'n Nigeriër en 'n man van Sierra Leone in hegtenis

geneem.

Volgens insp. Mary Martins-Engelbrecht, polisiewoordvoerder, het die twee

motors, elk met twee insittendes, om halfeen gistermiddag voor die hotel

stilgehou.

Die groep het die voertuie bestorm en twee insittendes het gevlug, maar die

ander twee is deur die skare doodgeslaan.

Die beeld, 7 junie 1993

'n TAXI-BESTUURDER van Durban beweer hy het die Kaapse atleet Herman

Matthee (27) die oggend van vanjaar se Comrades- wedloop by 'n hotel in Durban opgelaai en sowat 25 minute later weer by 'n winkelsentrum langs die roete van die wedloop afgelaai.

Matthee is Donderdagaand gediskwalifiseer omdat hy glo nie die volle 89,9 km tussen Pietermaritzburg en Durban gehardloop het nie.

Hy het sewende in die wedloop geëindig en 'n goue medalje daarvoor gekry.

Die taxi-bestuurder, wat homself net as Elijah geïdentifiseer het en vir Swift Taxi's in Stangerstraat werk, het gister gesê hy het Matthee op 31 Mei na bewering omstreeks agtuur die oggend by die Hotel Seaboard in Pointweg, Durban, opgelaai.

Die wedloop was teen dié tyd reeds sowat twee uur aan die gang nadat die deelnemers klokslag om sesuur voor die stadsaal in Pietermaritzburg weggespring het.

Elijah het Matthee glo sowat 25 minute later by 'n winkelsentrum by Kloof, sowat 25 km van die eindpunt by die Kingsmead-krieketstadion, afgelaai.

Volgens Elijah het die rit R100 gekos.

Hy het Matthee eergisteraand op foto's van die wedloop raakgesien en is vas oortuig dat dit die man is wat in sy taxi gery het.

“Ek sal nie kan sê dat die man volledig in hardloopklere uitgevat was nie. Hy het 'n kortbroek aangehad met 'n baadjie om sy skouers.”

Elijah kan egter nie vir seker sê dat dit 'n sweetpakbaadjie was nie.

“Die man het nie gepraat terwyl ek na Kloof gery het nie. Daar was nie sprake van enige gesprek tussen ons nie,” het Elijah gister gesê.

Matthee se pa, mnr. Johan Matthee, het gistermiddag gesê sy seun is ongelukkig omdat hy deur die media van sy skorsing moes hoor.

Hy meen die hele aangeleentheid is nou 'n private saak tussen hom en die organiseerders van die wedloop. Matthee gaan ook nie weer verklarings daaroor aan die media maak nie.

Die organiseerders gaan ook weer na Matthee se vertoning in verlede jaar se wedloop kyk ná beweringe dat hy toe ook nie die hele wedloop saam met die ander deelnemers gehardloop het nie.

Hy het tóé twaalfde geëindig.

Assessering

LU 4
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 deelneem aan ’n buitelugavontuurprogram deur oriëntering in verskillende omgewings;
4.2 ’n reeks liggaamlike aktiwiteite uitvoer, insluitend draai-, lig- en balanseerbewegings;
4.3 deelneem aan en verslag doen oor ’n fiksheidsprogram;
4.4 ’n speletjie speel en ontwerp wat die begrip van inval insluit;
4.5 regverdige spel ondersoek in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask