<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Oriëntering ten opsigte van die beroepswêreld

  1. Persoonlike inligting
Volle naam:
Van:
Geboortedatum:
Naam en van van ouers of voogde:
Adres:
Telefoonnommer/s:
Selfoonnommer/s:
E-posadres:
Skool/Skole bygewoon tot op datum:
Ernstige siektes/ operasies/ongelukke:
Geloof en of kerkverband (indien van toepassing):

Laat ‘n afskrif van jou geboortesertifikaat maak en hou dit in die lêer.

Indien jou ouers nog jou kliniekkaart het wat aandui watter inentings en immuniserings jy gekry het, laat dit ook fotostateer en bêre dit ook in die lêer.

  1. Korttermynbelange en doelwitte

Maak ‘n lys van jou huidige skoolvakke/leerareas in die volgorde van voorkeur.

Vul nou die laaste simbool of punt wat jy behaal het, langsaan in.

Maak ‘n lys van jou buitemuurse aktiwiteite in volgorde van voorkeur:

Indien jy ‘n prestasie of punt aan die aktiwiteit kan koppel, vul die tweede kolom in:

  • bv. onder-13 rugby: derdespan OF klavier: Unisa Gr. 4 - 85%.
  • Indien jy ‘n spesiale toekenning gekry het op ‘n gebied, vul dit ook by prestasie in. bv. fluitspel, Cum Laude Kuruman Eisteddfod, trofee vir beste houtblaser.

Leierskap:

Vul in enige leierskapsposisie wat jy by die skool beklee: (bv. biblioteekprefek, snoepie-hulp, skolierpatrollie)

Gemeenskapsdiens :

Vul hierdie kolom in, indien jy enige gemeenskapsdiens verrig, bv. hondehokke skoonmaak by die DBV of pikkewyne was by SANCOB.

(Indien jy niks hier kan invul nie, moet jy ‘n slag dink of jy nie betrokke wil raak by een of ander gemeenskapsdiens nie. Dalk kan jy selfs met die bejaarde tannie wat langs julle bly se hond gaan stap.)

  1. Hoërskoolbelange

Maak ‘n lys van die hoërskole in jou omgewing. Rangskik hulle in orde van voorkeur. Begin by die skool wat jou eerste keuse is.

  • Motiveer jou eerste en laaste keuse.
  • evakke beplWatter keusan jy om te kies in graad 8?

4. Tersiêre moontlikhede

Dink na oor wat jy wil doen na afloop van jou skoolloopbaan, bv. universiteitstudie, technikon, au pair-werk, oorsee reis.

Indien jy oorweeg om na matriek universiteit, technikon, kollege, ens. toe te gaan, vul die onderstaande kolom in. Rangskik dit in volgorde van voorkeur:

Instansie Studierigting Webtuiste
Bv. Universiteit van Pretoria Musiek (B.Mus). csc@up.ac.za

Indien jy ‘n “gap year” beplan, as au pair te werk,’n werkloopbaan beplan, ens.,vul jou keuses in volgorde van voorkeur in.

5. Beroepsnavorsing

Maak ‘n lys van drie beroepe wat jy graag eendag sou wou volg in volgorde van voorkeur:

Skryf in ‘n paar sinne waarom jy dit wil doen.

  • Watter studie of opleiding het jy nodig om die beroep te beoefen?
  • Watter hoërskoolvakke het jy nodig om jou vir hierdie beroep voor te berei?
  • Watter persoonlikheidseienskappe en aanlegte dink jy is nodig vir die beroep waarin jy belangstel? Beskik jy oor hierdie eienskappe en is jy daarvoor aangelê?

6. Getuigskrif

  • Wat is ‘n getuigskrif? Soek die woord se betekenis op in ‘n naslaanwoordeboek.
  • Indien jou klasonderwyser ‘n getuigskrif vir jou moet skryf, hoe dink jy sal dit daar uitsien? Verbeel jou jy is die klasonderwyser en skryf self so ‘n getuigskrif.
  • Skryf vir jou beste maat ‘n getuigskrif. Wees positief, maar tog ook objektief.

7. Toekomsdrome

Skryf ‘n paar sinne oor jou toekomsplanne. Jy mag maar jou verbeelding vrye teuels gee. (Onthou, Mark Shuttleworth het gewens hy kan ‘n ruimtereis onderneem en kyk hoe waar het die droom geword!)

8. Adreslys

Stel ‘n lys saam van adresse, telefoonnommers, kontakpersone, e-posadresse en webtuistes wat jy dink jy moontlik nodig sal kry wanneer jy wil gaan studeer of werk.

9. Inligtingstukke

Versamel brosjures, koerantuitknipsels, tydskrifartikels, ens., wat te doen het met moontlike studierigtings, instansies, beroepe, ens., waarin jy belangstel. Bêre dit in plastiese lêers (‘Flipfiles’).

Wenk:

Bylaes wat in koerante verskyn en op die jeug gemik is, bevat dikwels inligting oor loopbane en studierigtings.

10. Sertifikate, prestasies, uitslae, ens.

Bêre jou sertifikate, rapporte en enige dokumentasie oor jou prestasies op sport-, akademiese-, kulturele-, leiersgebied, ens., in.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask