<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Terwyl Schoeman haar medalje ontvang het, het Liss op haar eie aan die

onderkant van die wennerspodium gestaan. Die probleme het begin toe al die

gelukwensings afgehandel is.

Die groot onbeantwoorde vraag is in watter stadium van die wedren sy by

Schoeman verby is. Nie Schoeman, Ronel van Wyk wat aanvanklik as naaswenner aangewys is, of Adel Janse van Vuuren (voorlopig derde) kan onthou dat Liss by hulle verby is nie.

Mnr. Jago Liss, Liss se man, het gesê hy was by die wenstreep toe sy eerste

daar verby is. Hy het die wedren vroeër voltooi nadat hy in die A-groep

weggespring het.

Die voorste vroue het in die C-groep saam met ander mansjaers weggespring.

Volgens Liss het hy saam met sy vrou vir die wedren voorberei en was sy

besonder fiks. Daar is by hom geen twyfel dat sy die wedren gewen het nie.

Sapa berig Liss het haar as onbekende laat inskryf nadat sy haar

voorbereiding in Duitsland gedoen en eers einde verlede jaar na Stellenbosch

teruggekeer het.

“Die ander ryers het gesê hulle ken my nie omdat ek nie voorheen aan enige

van die plaaslike fietswedrenne deelgeneem het nie,” het Liss gesê.

“Ek het in die C-groep weggespring en ek dink ek het Anriëtte aan die kus

naby Scarborough verbygesteek. My groot probleem is dat die organiseerders

sê die mat by Muizenberg het my nie geregistreer toe ek daaroor is nie.”

Schoeman het ná die chaos gesê sy is baie teleurgesteld, maar vertrou dat

die ondersoek die waarheid sal uitwys. Tot dan het sy nog haar medalje en

die trofee wat aan haar oorhandig is.

“Ek is baie, baie teleurgesteld. Eers die blydskap en nou dié antiklimaks,” het sy gesê.

“As sy gewen het, wil ek haar gelukwens, want dan het sy 'n ongelooflike

wedren gery. Maar eers moet die organiseerders vir my kan bewys dat dit die

geval is.”

Volgens Schoeman se afrigter, Alex Cooper, is die voorval net nog 'n bewys

dat die organiseerders vroue op 'n gelyke voet as die mans moet begin

behandel met hul eie groep, diensvoertuig en skeidsregter.

In nog 'n opspraakwekkende wending moes die organiseerders die eerste keer

in tien jaar die wedren stopsit nadat temperature van tot 39ºC by Ou Kaapse

Weg aangeteken is. Die wedren is om 2.45 nm. stopgesit, byna 5 uur nadat die

eerste deelnemers weggespring het.

Na raming is sowat 5 000 van die meer as 40 000 deelnemers deur die besluit

geraak.

Die burger, 27 november 2000

“Sokkergeweld knou SA beeld”

Die sokkergeweld wat Saterdag in die eindstryd van die Afrikanasies-beker

vir vroue tussen Suid-Afrika en Nigerië uitgebars het, “is nie goed vir die

land se beeld om groot toernooie aan te bied nie”, het mnr. Molefi

Oliphant, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), gister

gesê.

Oliphant het gesê die geweld, wat daartoe gelei het dat die wedstryd vroeg

gestop is nadat die skare spelers met bottels en klippe gegooi het, het

Suid-Afrika se kans om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 aan te bied,

'n lelike knou gegee.

Nigerië het 2-0 voorgeloop toe die wedstryd, wat in die Vosloorus-stadion

aan die Oos-Rand plaasgevind het, 20 minute voor die einde beëindig is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask