<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontdekkingsreise in afrika

Module 11

Livingstone se bydrae tot die bekendstelling van afrika

Aktiwiteit 1:

Om die oorsake en gevolge van gebeure te bepaal

[lu 2.2]

a) Bestudeer meegaande skrywe van Livingstone. Verduidelik daarna vir jou maat die belangrikste redes waarom hy na Afrika gekom het.

“Ek sal alles in my vermoë doen om die Woord van God te verkondig deur te preek, aansporing, gesprek, onderrig van die jeug en die verbetering van die mense met wie ek gaan werk deur hulle bekend te stel aan kuns en wetenskap. Só sal ek die Christendom in hul harte bring.”

David Livingstone

Livingstone word vereer vir sy ontdekkingswerk in Afrika. Lees onderstaande berig wat geskryf is oor sy reis na die hart van Afrika. Meegaande kaart gaan jou ook help.

Livingstone (‘n Skot) was ‘n man met baie deursettingsvermoë. In 1841 het hy by die sendingstasie op Kuruman aangekom en saam met eerwaarde Robert Moffat gewerk. In 1843 het hy besluit om nog sendingstasies te stig en in 1849 vertrek hy om nog stasies te gaan stig.

Hy sukkel baie om met die bestaande kaarte van Afrika spesifieke plekke op te spoor. In 1851 ontdek hy egter die boloop van die Zambezirivier. Livingstone was baie lief vir die natuur en het noukeurig aantekeninge gemaak van sy roetes, plekke en diere op sy ontdekkingstogte. Baie van sy aantekeninge is oor die hele wêreld versprei en so het die mense meer kennis opgedoen oor Afrika.

Tydens ‘n rit op die Zambezi in ‘n kano kom hy af op die groot watervalle van “Mosi-oa-tunya” (die rook wat bulder). Livingstone noem dit toe die Victoriawaterval. In 1855 ontvang hy ‘n medalje vir sy geweldige bydrae om inligting oor Afrika aan die wêreld bekend te stel.

In 1858 is Livingstone terug na die Zambezirivier om te kyk of die Europese teenwoordigheid nie slawehandel kan help beëindig nie. Die rivier was onvaarbaar vir sy stoomboot en hy moes weer terugkeer. Niks kon Livingstone keer om sy doel te bereik nie en in 1866 was hy weer terug in Afrika en vestig hy hom by Ujiji. Hier was hy na aan die hart van die slawehandel. Dit is gedurende hierdie tydperk wat hy nie van hom laat hoor het nie, en die mense het bekommerd geraak oor hom.

Die volgende vier oefeninge gaan jou help om te leer dat:

  • Dit belangrik is om te verstaan waar sekere gebeure plaasvind of plaasgevind het.
  • Alle gebeure oorsake en gevolge het.

b) Dinkskrum vir julle!

  • Livingstone se leuse was:

Vrees God en werk hard.

Wat is die gevolg(e) van so ‘n leuse?

  • Op een van sy eerste reise het ‘n leeu Livingstone se een arm vermink vir die res van sy lewe. Livingstone en ‘n ooggetuie het dit soos volg beskryf:

Livingstone: “Suddenly I saw the lion in the act of springing upon me. He caught my shoulder as he sprang and shook me as a terrier dog does a rat.”

Ooggetuie: “The lion then attacked one of the natives whose gun misfired twice. It went on to attack a second native, but by this time the bullets Livingstone had fired, took effect and the lion fell dead.”

  • Met hierdie verswakte arm het hy later vol en gevaarlike riviere (met krokodille) aangedurf.
  • Dink jy Livingstone het soos ‘n held opgetree? Waarom?

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask