<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontdekkingsreise in afrika

Module 12

Stanley en die plaaslike inwoners

Aktiwiteit 1:

Om tussen feite en menings te onderskei

[lu 3.2]

Bestudeer meegaande drie bronne deeglik, want jy sal tydens jul klasgesprek later heeltyd tussen feite en menings moet onderskei.

BRON 1

Stanley en die plaaslike inwoners

In 1869 word Henry Morton Stanley deur die eienaar van die koerant, New York Herald , na Afrika gestuur om na Livingstone te gaan soek. In 1871 tref hy vir Livingstone by Ujiji aan. Livingstone was baie siek en het geen medisyne gehad nie omdat sy medisyne deur drosters gesteel was. Na sy herstel, het hy en Stanley saam na plekke gaan kyk. Tevrede dat dit weer goed gaan met Livingstone, keer Stanley weer terug na Engeland.

Op 25 Augustus 1872 vertrek Livingstone op sy laaste reis. Hy wou die suidelike strand van die Tanganjikameer gaan verken. Hier het die koors hom weer beetgepak en is hy na agt maande oorlede. Sy hart en ander organe is deur lede van sy geselskap verwyder en langs ‘n boom begrawe. Op die boom is Livingstone se naam en die datum uitgekerf. Sy helpers was so lief vir hom dat hulle sy liggaam na Zanzibar, agt maande se reis van 1 609 km, geneem het. Livingstone is op 18 April 1874 in Westminster Abdy, Engeland, begrawe.

In 1874 keer Stanley terug om ‘n kaart van die Victoriameer en die Tanganjikameer te teken. Hier bevestig hy Speke se vermoede dat die Victoriameer wel die oorsprong van die Nyl is. In Oktober 1876 vaar hy af in die Lualabarivier tot waar dit in die Kongorivier inloop. So is die laaste van die groot riviere van Afrika oorwin.

In 1887 moes Stanley weer na Afrika terugkeer om na die Duitse ontdekker, Emin Pasja, te gaan soek en hy reis tot in Sudan. Dit was die laaste groot ontdekking in Afrika.

BRON 2

“Ten einde die vermoeiende aanvalle van kanibaalstamme te ontvlug, moes ons tussen die eilande deurvaar, totdat ons na drie dae se gebrek aan voedsel, deur die knaende honger gedwing is om die noodlot te beproef en na die land te vaar. Gelukkig het ons ‘n stam teëgekom wat bekend met die handel was. Hulle het die groot rivier Ikuta Ya Congo genoem. Ons het ‘n broederband van bloed gesmee, genoeg voorrade aangekoop en ons voorgeneem om ‘n koers langs die linkeroewer voort te sit. Drie dae later het ons ‘n magtige stam, gewapen met voorlaaiers, teëgekom, wat ons die oomblik toe hulle ons bespeur het, aangeval het. Slegs nadat drie van my manne gesneuwel het, het ek my daarvan weerhou om uit te roep dat ons vriende is en dat ons materiaal wou aanbied.

Vir ‘n afstand van 12 myl lank is die grootste en wanhopigste geveg op hierdie vreeslike rivier voortgesit. Dit was op een na die laaste van 32 gevegte . . .“

H.M. Stanley: Illustrated London News , 1878

BRON 3

Stanley se reise in Afrika

  • 1877 – Ghana
  • 1886 – Egipte (3 jaar)

 1904 – Londen - spandeer 18 jr in Afrika

a) Waarom was dit moeilik om voedsel te bekom?

  • Wat het Stanley met ‘n “broederband van bloed” bedoel?
  • Was dit Stanley se bedoeling om die inboorlinge in die kano’s aan te val? Hoe weet jy dit?
  • Om watter moontlike redes het die stamlede Stanley se geselskap aangeval?

b) As ons iemand se doelwitte weet, verstaan ons sy optrede beter.

Een van Stanley se vriende het gesê dat hy presies gedoen het dit wat hy beplan het.

  • Op watter tyd was vasberadenheid baie belangrik in sy lewe?
  • Waar was hy vasbeslote?

c) Ons moet ander se menings in ag neem. Hoekom het Stanley dit belangrik geag om Afrika vir die Europeërs “oop” te stel.

  • As ‘n sendeling
  • As ‘n ontdekker

d) Alle gebeure het oorsake en gevolge. Neem malaria as voorbeeld.

  • Waardeur word dit veroorsaak?
  • Watter uitwerking het dit op die liggaam?
  • Hoe word dit behandel?
  • Waarom het so baie ontdekkingsreisigers daaraan gesterf?
  • Word dit deesdae steeds as gevaarlik beskou? Waarom?

e) Bestudeer meegaande tabel en hou ‘n klasdebat oor die volgende stelling :

ONTDEKKINGS IN AFRIKA KON NIE PLAASGEVIND HET SONDER DIE HULP EN KENNIS VAN DIE PLAASLIKE INWONERS NIE! DAN SAL JY WEET OF DIT ‘N FEIT OF ‘N MENING IS.

  • Is dit ‘n feit of ‘n mening?

f) Aan die begin het die tegnologie maar stadig ontwikkel en dit het natuurlik ‘n groot rol gespeel in hoe ver ontdekkingreisigers kon reis. Kyk of jy die volgende ses vervoermiddels kan skets.

  • kameelkaravaan
  • mense met vrag op kop
  • perde/wa
  • persoon wat gedra word
  • roeiboot/boomkano
  • modern?

Verrykingswerk

a) Voltooi nou onderstaande tabel oor Stanley en Livingstone se reise.

Livingstone Stanley
Waarna gesoek?
Mere ontdek
Riviere ontdek
Watervalle ontdek
Groot prestasie behaal
Eienskappe wat ek bewonder
Probleme en gevare ondervind

HET JY GEWEET . . .

Stanley: “Dr. Livingstone I presume.”

Livingstone: “Yes.”

Stanley: “I thank God, Doctor, I have been permitted to see you.”

Livingstone: “I feel thankful that I am here to welcome you.”

Stanley was die laaste witmens wat Livingstone lewend gesien het.

Bestudeer meegaande skets van Stanley se boot, die Lady Alice . Hoekom het hy dit in vyf dele laat opdeel?

Assessering

LU 3
HISTORIESE VERTOLKING Die leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 bronne interpreteer:
  • twee weergawes van ‘n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe bronne;
3.2 die verlede rekonstrueer:
  • onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting;
3.3 voorstelling van die verlede maak:
  • items identifiseer en selekteer van ‘n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra tot ‘n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) Vlug vir kanibaalstamme

Vriendskaplike ooreenkoms

Nee – selfverdediging

Wou sy voorraad buit; vreemd; vertoon soos indringers / slawehandelaars

(b) Talle voorbeelde:

Soektog na Livingstone, riviere

Gaan voort met reise ten spyte van malaria, aanhoudende reën, aanvalle, afstande, gevare, dood / siektes van ekspedisielede

Leidende ontdekker in Afrika

(c) Sendeling: Christendom, behandel siektes, slawehandel stop

Ontdekker: Handelsvoorrade, ontdek riviere (oorsprong)

(d) Sien Leereenheid 1(d)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask