<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Sa vanaf 1948 tot 2000: nasionalisme

Module

Menswaardigheid

Menswaardigheid

[LU 1, 2, 3]

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 – Wet nr. 108 van 1996

Uitreksel uit die Grondwet

HANDVES VAN MENSEREGTE

MENSWAARDIGHEID

Elkeen het inherente (ingebore) waardigheid en die reg dat hulle waardigheid gerespekteer en beskerm word.

KINDERS

  • Mag nie aangehou word nie, tensy in ’n uiterste geval, in welke geval ’n kind bykomend tot die regte wat hy/sy onder afdelings 12 en 35 geniet, gepaste tydperk aangehou mag word.
  • Apart gehou te word van aangehoudende ouer as 18 jaar, en
  • Behandel te word op so ’n wyse, en gehou te word in toestande wat die kind se ouderdom in ag neem.
  • ’n Regspraktisyn te hê wat deur die staat aan die kind op staatsonkoste toegewys sal word …
  • Nie regstreeks in gewapende konflik gebruik te word nie, en om beskerm te word in tye van gewapende konflik.
  • Familie- en of ouerlike versorging te hê of geskikte alter­natiewe ver­sorging indien die kind uit die familie-omgewing weggeneem sou word – om kommunikasie met ouers, gekose godsdienstige raadgewer en gekose mediese praktisyn te hê.

AFDELING 12 – VRYHEID EN VEILIGHEID VAN ’n PERSOON

  • Om nie sonder verhoor aangehou te word nie.
  • Om nie op enige wyse gemartel te word of op ’n wrede, on­mens­like of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.

AFDELING 35 – GEARRESTEERDE, AANGEHOUDE EN AANGE­KLAAG­DE PERSONE ; het die reg :

  • Om stil te bly/om te swyg
  • Om nie gedwing te word om enige blydenis of erkenning te maak wat as bewyse teen daardie persoon gebruik kan word nie.
  • Om dadelik ingelig te word aangaande die rede vir die aanhouding.
  • Om ’n regsprakatisyn te kies en die persoon te raadpleeg, en om dadelik van hierdie reg ingelig te word.

BRON B: Persoonlike ondervinding van ’n aangehoude student 1976

Tien polisiemanne het die studente gemartel om die inligting wat hulle benodig het, te verkry en Sibongile Mkhabela onthou sy ondervinding:

‘Hulle het jou in ’n angswekkende ondervragingskamer geplaas met baie bloedspatsels teen die mure, wat jou doodbang laat voel het. Ek het in ’n sel gestaan met net my nagrok aan. Ek het geweldig ongemaklik gevoel en baie koud gekry. Ek was nie seker wat volgende sou gebeur nie. Vier groot mans met militêre uniforms het ingestap. Hulle was so intimiderend. Hulle het nie ’n woord gesê nie. Hulle het my net geskop en geklap en gedoen net wat hulle wou en my bloeiend op die vloer gelos. Hulle is gevolg deur ’n veiligheidsdiplomaat wat beleef in Sotho gepraat het. Dit was alles deel van die plan om jou te laat praat.’

BRON C: Wat met leerders wat aangehou is gebeur het-1980’s

Binne die bestek van slegs vier maande is meer as 1 400 mense in Soweto aan­gehou. Die jongste was slegs sewe jaar oud, en die ‘Detainee Parents’ Support Committee’ het beraam dat ten minste een-vyfde van die aangehoudende onder die ouderdom van 16 was. Bekommerde ouers is dikwels nie ingelig oor waar hul seuns en dogters aangehou word of nie.

BRON D: Storie van Sicelo Dlomo, 15 jaar oud toe hy die eerste keer aangehou is

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask