<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hier volg ‘n paar voorbeelde:

  • “Gaan maak dadelik jou kamer netjies!”
  • “Jy gaan nie met daai klere by die huis uit nie.”
  • Onthou dat jy altyd ‘n eerste poging moet skryf. Iemand moet dit dan vir jou redigeer voordat jy die finale produk aanpak. Al die stappe word geliasseer.
LU 4.1

FUNKSIONELE SKRYFWERK:

  • Nadat jy die artikel weer gelees het, dink jy weer aan al die probleme en misverstande tussen jouself en jou ouers. Doen nou jou DAGBOEKINSKRYWING. (150 woorde)
  • Onthou die prosesskryf, soos hier bo verduidelik!

Onthou:

  • die datum kom regs
  • laat die volgende reël oop
  • begin met: Liewe Dagboek
  • ‘n formele afsluiting is opsioneel
LU 4.2

AKTIWITEIT 3:

Begripsvrae

  • Beantwoord die vrae n.a.v. die volgende raar, maar waar – storie.
  • Duur kyk op die verlede
  • DAAR is geld te make uit ou foto’s. Sommer baie geld. Dis pas weer bewys toe die oudste foto-album op aarde wat in private besit was, in Engeland opgeveil is. Die album met sy 200 kalotipieë - die eerste soort gedrukte foto’s –is in 1848 deur lede van die Edinburgh Calotype Club, die eerste fotografieklub ter wêreld, saamgestel. Die ander een pryk in ‘n biblioteek in die Skotse hoofstad. Die foto’s wys lede van die klub waar hulle in hul deftigste klere poseer sowel as tonele en geboue in Edinburg en St. Andrew. Daar is verwag dat die album sowat R500 000 op ‘n veiling sou haal. Maar tot verstomming van die afslaers is dit uiteindelik vir R3,1 miljoen deur ‘n Londense boekverkoper namens ‘n onbekende instelling gekoop. ≤
  • Uit: Huisgenoot, 31 Jan. 2002
DWARS:
1. Persoon wat iets opveil
2. Enkelvoud van “lede”
3. Die homofoon van jou antwoord in 2 dwars
4. Hoof van biblioteek (v. vorm)
5. As jy baie ryk is, is jy . . . .

AF:
1. Sinoniem vir verstomming
2. Die eerste sort gedrukte foto
3. Persoon wat foto’s neem
4. ‘n Naam vir ‘n persoon wat graag lees

AKTIWITEIT 4:

‘n Closé

‘n Closé moet ook ingeoefen word. Kom ons kyk hoe vaar jy met die volgende twee.

  • In die volgende artikels is sekere woorde weggelaat. Kies telkens die korrekte woord uit die woordelys en skryf dit in die betrokke spasie.

Woordelys:

  • gistende ; amptelik ; voorruit ; aanspraak ; beboet ; pleks

Langste bad in sousboontjies

Barry Kirk (47) kan met reg (1.) maak op die titel Mnr. Sousboontjies – hy het ‘n hele honderd uur in ‘n bad vol sousbone gesit. “Dit was baie koud en taai en na vier dae en vier nagte was die reuk van die (2.) sousbone oorweldigend. Ek is mal oor sousboontjies, maar na daardie bad kon ek ‘n paar jaar lank glad nie sousboontjies eet nie,” vertel hy. Barry van Port Talbot, Wallis, het sy naam intussen (3.) na Captain Beany laat verander. Hy is in 1997 met sowat R3 500 (4.) omdat hy ‘n etiket van ‘n blikkie ingemaakte sousboontjie (5.) van ‘n lisensieskyfie teen sy motor se (6.) geplak het.

Woordelys:

  • voormalige ; oortrek ; bestee ; voer ; spaargeld ; tussen ; volgende

Mees getatoeëerde man

Tom Leppard se lyf is al 99,9 persent (1.) met tatoeëermerke. Al plekke waar nog geen tatoeëermerke is nie, is die binnekant van sy ore en (2.) sy tone. Tom, ‘n (3.) soldaat wat in die destydse Rhodesië diens gedoen het, het in 1985 na Brittanje teruggekeer en sy (4.) van R1 600 gebruik vir sy eerste tatoeëermerk. In die (5.) twee jaar het hy driehonderd uur en R80 000 aan nog tatoeëermerke (6.). Tom (62) (7.) deesdae ‘n kluisenaarsbestaan op die Skotse eiland Skye.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask