<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 6.1

AKTIWITEIT 5:

Limerieke

Limerieke lyk soos volg:

  • Die vers bestaan uit vyf reëls
  • Die rymskema is aabba
  • Die laaste reëls het ‘n onverwagte grappige wending
  • Kyk of jy ook so kreatief kan wees en skryf ‘n paar limerieke wat altesaam 90 woorde bevat. Dit tel as KREATIEWE SKRYFWERK en word daaronder in jou portefeulje geliasseer.
  • Jy moet al die stappe, soos reeds verduidelik, volg!
LU 4.1

AKTIWITEIT 6:

‘n Taaloefening

Het jy geweet?

  • Die brein gebruik een vyfde van al die suurstof wat ons inneem.
  • Die voetspore van die ruimtemanne wat die maan besoek het, sal miljoene jare behoue bly. Daar is geen wind of reën nie.
  • Vlooie is die beste hoogspringers. Hulle spring tot meer as ‘n honderd keer hul eie hoogte.
  • Die son is omtrent 150 miljoen kilometer vanaf die aarde. Dit sal ‘n boeing 17 jaar neem om daar uit te kom.
  • Nadat die aartappel ontdek is, het Europeërs 200 jaar lank geweier om dit te eet. Hulle het geglo aartappels is giftig.
  • Daar is minder suiker in 1kg aarbeie as in 1kg suurlemoene.
  • Grondboontjies is ‘n bestanddeel van dinamiet.
  • Libië is die enigste land in die wêreld met ‘n eenkleurige vlag – groen.

Uit: Chappies-omhulsels

  • Verskaf die meervoudsvorm van:

1. vlag

2. son

  • Maak kort sinnetjies om die verskil tussen die volgende homofoonpare aan te dui.

1. weier

wyer

2. kleure

klere

3. brein

bruin

  • Maak sinne met die homonieme van die volgende woorde:

1. 100 keer

2. spore van die ruimtemanne

  • Skryf die volgende sinne in die lydende vorm:

1. Die brein gebruik een vyfde van die suurstof wat ons inneem.

2. Europeërs het 200 jaar lank geen aartappels geëet nie.

LU 6.1

Assessering

LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingstekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: e-boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalins, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie;
6.4 ontwikkel bewustheid van styl:
  • sinslengtes en sinsoorte, formele en informele taalgebruik, idiomatiese uitdrukkings en taalidioom.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

‘n Vinnige taaloefeninkie Die bankrower

Homonieme

  • Ek sit op die bank./ Ek bank my geld.

Homofone

1. Dingaan se stat was Ungungundlovu.

2. Ek moet dit doen.

Woordpare:

1. Ek erken ek het ‘n fout gemaak. / Ek herken hom na al die jare.

2. Hy beroof die bank. / Hy het baie geld geroof.

3. My moed het my begewe. / Ek vermoed hy is die skuldige.

AKTIWITEIT 2

Skryfvaardigheid Harmonie in die huis

  • Hier is nog twee moontlike onderwerpe wat u kan laat skryf. Die matriks is aangeheg.
  • Hierdie onderwerp leen hom natuurlik tot ‘n baie lekker klasgesprek Die kinders praat graag oor hierdie probleem.

AKTIWITEIT 3

Begripsvrae Duur kyk op die verlede

Dwars:

1. afslaer

2. lid

3. lit

4. bibliotekaresse

5. skatryk

Af:

1. verbasing

2. kalotipie

3. fotograaf

4. boekwurm

  • As u wil, kan u nou na ‘n paar oulike name vir tipe mense kyk:
  • Aasvoël – iemand wat op ander teer
  • Amasone – gespierde, strydlustige vrou
  • Babbelkous – iemand wat baie praat
  • Bakvissie – meisie tussen 14 en 17
  • Bangbroek – bang en lafhartig
  • Belhamel – iemand wat die voortou neem by kwajongstreke
  • Boetebessie – parkeermeters nagaan om kaartjies te skryf
  • Brompot – iemand wat ontevrede is en baie kla
  • Geitjie – vrou met ‘n skerp tong
  • Ghwar – onbeskaafde, ruwe persoon
  • Laventelhaan – man wat te veel aandag aan sy voorkoms bestee
  • En so kan u aangaan ….
  • Die leerders kan bv. hulle eie blokkiesraaisel opstel waarin hulle al hierdie tipe woorde vra!

AKTIWITEIT 4

Sluitoefeninge

(1) aanspraak

(2) gistende

(3) amptelik

(4) beboet Die leerders hou daarvan om hulle eie leesstukkie te kies en

(5) pleks dan self een op te stel. Ruil onder mekaar.

(6) voorrruit

(1) oortrek

(2) tussen

(3) voormalige

(4) spaargeld

(5) volgende

(6) bestee

(7) voer

AKTIWITEIT 5

Limirieke

  • Kreatiewe skryfwerk.

AKTIWITEIT 6

‘n Taaloefening Het jy geweet?

  • Meervoudsvorm:

1. vlae

2. sonne

  • Homofone:

1. Ek weier om die werk te doen.Maak die deur wyer oop.

2. Die kleure van my klere is baie helder.

3. Ek gebruik my brein optimaal.Bruin is my gunsteling kleur.

  • Homonieme:

1. Keer dat die hond nie by die deur uitglip nie.

2. die spore op die varings

  • Lydende vorm:

1. Een vyfde van die suurstof wat ons inneem, word deur die brein gebruik.

2. Geen aartappels is 200 jaar lank deur die Europeërs gebruik nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask