<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 3

Taaloefening

AKTIWITEIT 1:

‘n Vinnige taaloefeninkie

‘n Voornemende bankrower in die Oostenrykse stad Graz het buite die bank in sy motor ‘n bottel Schnapps weggeslaan om sy senuwees te kalmeer, en aan die slaap geraak. Toe die polisie hom wakker maak, het hulle ‘n klapmus en pistool in sy motor gevind. Die man het erken dat hy die bank wou beroof, maar te veel moed uit die bottel probeer kry het.

Uit: By, 28 Sept. 2002

Homonieme

  • Gebruik die volgende woord se homoniem in ‘n sin. Maak seker dis die woordsoort wat gevra is.

Hy beroof die bank (s.nw.)

(s.nw.)

(ww.)

Homofone

  • Gebruik die volgende woorde se homofone in ‘n kort, verduidelikende sin.

1. Stad

2. moed

  • Maak kort sinnetjies om die verskil tussen die volgende woordpare aan te dui.

1. erken

herken

2. beroof

geroof

3. moed

vermoed

LU 6.1

AKTIWITEIT 2:

Skryfvaardigheid

Harmonie in die huis

OUERS -en veral broers en susters - kan soms ‘n regte pyn wees. Maar, met ‘n bietjie moeite kan jy met almal oor die weg kom. Volg ons gids vir harmonie in die gesin sodat jy vanjaar gelukkig en tevrede by die huis kan wees ..

  • Onthou,jou ma en pa is nie net daar om vir jou kos te maak, jou klere te was en jou te neem waar jy wil wees nie - hulle kan jou vriende ook wees. Moet hulle nie ignoreer en dan verwag hulle moet op aandag spring as jy iets nodig het nie. Praat met hulle!
  • As jy broers en susters het, is dit rêrig onwaarskynlik dat jou ouers 'n witbroodjie sal hê. Maar dit beteken nie almal sal altyd presies dieselfde behandel word nie. Julle is almal individue en jul ouers sal julle wel soms verskillend behandel.
  • As jy 'n probleem het, kan jou ma net die regte mens wees om raad te vra, al is dit soms oor embarrasserende goed soos meisies, ouens of maandstondes.
  • Jou ouers sal dit baie waardeer as jy hulle soms 'n bietjie bederf! Dit hoef nie 'n fortuin te kos nie - maak vir hulle 'n koppie tee of koop vir hulle 'n tjoklit.
  • As jy soms iets wil doen, soos laat uitbly, en jou ouers sê nee, onthou dat hulle die base is en jy nie altyd jou sin kan kry nie.
  • Moenie vergeet om jammer te sê as jy iets verkeerds gedoen het nie - dit kan almal beter laat voel. En moenie dink dis onnodig om verskoning te vra net omdat hulle jou familie is nie!
  • Soms kan jy maar skiet gee - jy kry dalk nie presies wat jy wou gehad het nie, maar as jy jou ouers halfpad ontmoet, kan dit wondere verrig. En as jy meer vryheid wil hê, onthou dat jy net die teenoorgestelde sal regkry as jy jou voete stamp, 'n vloermoer gooi of woedend wegstorm. Praat eerder met hulle -so sal jy wys jy word nou groot en hulle sal dan eerder na jou standpunt luister.
  • Probeer om met jou broers en susters oor die weg te kom. Ja, dit is soms moeilik, maar die gesinslewe kan baie stresvol wees as julle altyd stry. As jy dit nie kan regkry nie, bly vir 'n rukkie onder hul voete uit tot humeure afgekoel het. ≤

Uit: Huisgenoot, 21 Maart 2002

KREATIEWE SKRYFWERK

  • Dink ‘n bietjie aan wat jou ouers altyd vir jou sê wat jou mateloos frustreer en teen die mure uit dryf. Skryf dit dan in die direkte rede neer onder die titel : Dinge wat ek nie wil hoor nie, Pa!
  • Dit moet ongeveer 150 woorde wees en kan ‘n belangrike item in jou portefeulje wees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask