<< Chapter < Page Chapter >> Page >

6. Bestudeer Bron B. Watter getuienis in die bron dui daarop dat dié bron propagandisties is?

HOLISTIESE RUBRIEK:

  • Assessering van oorsaak en gevolg
  • LU 1.1, 1.5, 2.2, 3.1, 3.2, 3.3
1 (1 - 7) Lê geen verband tussen die bewyse in die bronne en die vraelys nie. Probeer om oorsake en gevolge te identifiseer. Kan nie veel meer doen as om oorsaak en gevolg te identifiseer nie.
2 (8 – 9) Skryf bewyse uit bronne op vraelys neer. Verduidelik oorsaak en gevolg. Is nie duidelik oor die belangrikheid van vergelykings en afleidings nie
3 (10 – 13) Doen toepaslike oorplasing en prosessering van bewyse en inligting uit bronne op vraelys. Verduidelik verskeie oorsaaklike faktore en onderlinge verbande. Kom tot ’n aantal deurdagte gevolgtrekkings deur die gebruik van vergelykings en afleidings.
4 (14 – 20) Doen oorplasing en prosessering van bewyse en inligting met hoë graad van effektiwiteit. Identifiseer oorsaak en gevolg en is in staat om die ontleding met bewyse te ondersteun. Gebruik oorsaak en gevolg om tot deurdagte en insiggewende gevolgtrekkings en afleidings te kom.
OPTEKENINGSKODE
NA TOETSPUNT VERWERK / 20

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask