<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Menseregte gedurende die tweede wêreldoorlog

Module 2

Hitler as diktator

LEERAKTIWITEIT 2

Hitler as diktator

[LU 1.1, 1.5, 2.2, 3.1, 3.2, 3.3]

  • Bestudeer die onderstaande bronne en beantwoord die vrae wat daarop volg:

BRON A

’n Man wat gebore is as leier mag nie terughoudend wees nie; dit is sy taak om na vore te tree.

(Hitler by sy verhoor, München, 1923.)

BRON B’n Nazi verkiesingsplakkaat.

Die woorde is as volg: Ja! Führer (leier) ons volg u!

BRON C

“Ek kan nie die emosies beskryf wat deur my gaan as ek Hitler hoor praat nie. As hy oor die vernedering van Duitsland praat, voel ek om op die vyand te spring. Sy oproep tot Duitse manmoedigheid was ook ’n oproep om die wapen op te neem, sy nuus was die evangelie, die blye boodskap. Ek het alles behalwe dié man vergeet. As ek om my gekyk het, het ek opgemerk dat sy magnetisme duisende om my gebind het. Hierdie intense wil van die man, die passie van sy eerlikheid, het in my gevloei. Ek het ervaring gehad wat met Bybelse bekering vergelyk kan word.”

( uit ’n Nazi se biografie)

BRON D

“As ek nie die innerlike oortuiging het dat ek die regte ding doen nie, doen ek niks nie, nie eers as die hele Nazi Party my tot aksie wil forseer nie.”

(Hitler, soos beskryf deur ’n Duitse skrywer, H. Rauschnigg wie hom goed geken het, 1939)

BRON E

“Hiermee verklaar ek onvoorwaardelike trou aan die Führer van die Duitse Ryk en Volk, Adolf Hitler, opperbevelhebber van die weermag, en is gereed om as ’n brawe soldaat my lewe vir hierdie eed af te lê.”

(Eed afgelê deur alle offisiere en manskappe in die Duitse weermag sedert Hitler in 1934 Führer geword het.)

BRON FPlakkaat vir ledewerwing vir die Hitler Jeugbeweging, 1939.

Dit lees: “Die Jeug dien die Führer. Alle tienjariges in die HJ (Hitler Jugend)

BRON G

‘Duitsland se probleme kan slegs deur middel van geweld opgelos word. Ons eerste doelwit is die omverwerping van Oostenryk en Tsjeggo-Slowakye gelyktydig om sodoende ’n bedreiging van ’n gesamentlike optrede van Frankryk en Brittanje te kan teenstaan. Waar die res van die wêreld hul defensief voorberei, moet ons offensief optree. Duitsland het ’n reg op groter lewensruimte in Europa. Dit is Hitler se vasbeslote doel om die Duitse grondkwessie nie later nie as 1943-45 op te los.’

(Verslag van ’n vergadering tussen Hitler en sy generale staf, November 1937. Die generaals het gekla dat Hitler se planne te gevaarlik was. Dié generaals is afgedank.)

BRON H

“Van nou af vorentoe neem ek persoonlik die bevel van al die Duitse gewapende magte oor.”

(Aankondiging, Hitler, Februarie 1938.)

OPDRAGTE

1. Bestudeer Bronne A tot C. Verkry uit hierdie bronne karaktereienskappe en vaardighede wat Hitler as diktator kon aanwend.

2. Wat vertel Bronne B, E, F en H jou van Hitler se posisie in Duitsland?

3. Bestudeer Bron G. Watter gebeure het uitgewerk soos Hitler beplan het?

4. Deur weer Bron G te bestudeer en jou kennis te gebruik, watter gebeure het nie so uitgewerk soos Hitler gedink het nie?

5. Watter eienskap van ’n diktator kom in Bron E voor?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask