<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 12

Die krugermiljoene

Leesstuk

Meneer Kok En Die Krugermiljoene

Dit is Vrydagmiddag en die laaste periode van die dag. Buite is dit bloedig warm en meneer Kok kan sien dat die klomp voor hom met moeite konsentreer op die les waarmee hy besig is oor die laaste dae van die Tweede Vryheidsoorlog.

Hy bly ‘n oomblik stil, dan vra hy: ”Wie van julle het al gehoor van die Krugermiljoene?”

Nie ‘n dooie siel reageer nie. Dan probeer hy weer: “Ek het die afgelope vakansie by my broer op sy plaas naby Pelgrimsrus gekuier, en ons het op ‘n deel van die Krugermiljoene afgekom wat op die plaas begrawe is. Nou het ek tien miljoen rand se goud in die bank.”

Die klomp staar hom ongelowig aan. “Ag, Meneer jok sommer,” sê een van die seuns. “My oupa het gesê dat die president al die goud van die Transvaal vir die koningin van Holland gegee het.”

“Ja, Jaco, dit is maar een van die teorieë oor wat van die goud geword het.” Meneer Kok is verheug dat hy uiteindelik ‘n reaksie uit een van die leerders gekry het.

“Volgens die geskiedenismense het die president . . . terloops, wie was hy nou weer?”

“Paul Kruger, Meneer,” antwoord ‘n paar stemme tegelyk.

“Dis reg, maar wat was sy volle name?”

“Stephanus Johannes Paulus Kruger,” antwoord een van die dogters.

“Mooi!” sê mnr. Kok. “Wat val ‘n mens op van die name?”

Doodse stilte.

“Toe, dink ‘n bietjie,” por mnr. Kok. “Wat sê jy, Petrus Johannes de Wet?” Hy kyk na Peet de Wet wat heel agter in die klas sit. “Jy behoort te weet.”

“Dit is almal name uit die Bybel. Hulle was dissipels van Jesus,” reageer Peet versigtig.

“Mooi,” sê mnr. Kok. “Die boeremense was baie godsdienstig. Hulle het graag vir hul kinders Bybelname gegee.”

“Maar wag, ons dwaal af. Waar was ons nou weer? O ja, volgens oorlewering het Paul Kruger, die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, opdrag gegee dat die goud uit die Staatsmunt verwyder word voordat Pretoria deur die Britte beset sou word.

“Toe Lord Roberts, die bevelvoerder van die Britse magte, op 5 Junie 1900 Pretoria binnery, het hy slegs onverwerkte goud ter waarde van R230 000,00 in die Staatsmunt aangetref, en dit terwyl die totale goudproduksie van die Witwatersrand tussen 1884 en 1900 in vandag se geldwaarde R6 miljoen beloop het.

“Volgens die amptelike rekords het die ZAR in 1900 nie alleen 947 000 goue Krugerponde, maar ook ‘n groot hoeveelheid 1898-silwermuntstukke geslaan, maar slegs enkele van die 1900-ponde en nie ‘n enkele 1898-silwermunt bestaan meer vandag nie. Die afleiding kan dus gemaak word dat ‘n geweldige hoeveelheid van die betrokke munte net eenvoudig verdwyn het. Daar word geglo dat die vermiste munte maar slegs ‘n gedeelte van die Krugermiljoene uitmaak.”

Mnr. Kok is verlig om te sien dat almal in die klas nou die ene ore is. “Jou oupa is waarskynlik reg, Jaco,” gaan meneer Kok voort. “Sommige historici glo dat die president die goud saam met hom Holland toe geneem het. Toe dit duidelik word dat die ZAR nie die oorlog teen Engeland sou wen nie, is daar besluit dat Paul Kruger as banneling na Europa moes gaan. Koningin Wilhelmina van die Nederlande het ‘n skip, die Gelderland , gestuur om hom na Europa te bring.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask