<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Wie was die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog?
  • Wie was die bevelvoerder van die Britse troepe?
  • Wie was die koningin van Nederland wat ‘n skip na Suidelike Afrika gestuur het?
  • Wat was die name van twee van die skepe waarna daar in die leestuk verwys word?
  • Watter Boere-generaal het gehelp om die Krugermiljoene te begrawe?
  • In watter land is Lourenço Marques geleë?
  • Hoekom dink julle is die skip na Lourenço Marques gestuur om Paul Kruger te gaan oplaai, en nie na Durban of Kaapstad nie?
  • Hoekom het die president die goud saam met hom Europa toe geneem?
  • Waar het die president sy laaste jare deurgebring?
  • Wat was sy sterfdatum?

Opdrag 2:

Om betekenis van woorde te bepaal

[lu 3.2]

Skryf elkeen van die onderstaande woorde langs sy betekenis neer:

Skatkis, skatkamer, skatryk, oorskat, onderskat, skattig, skattebol,
skatlam, skattie, skat, skatlik, skattig, onskatbaar, skatbaar, skatter.
  1. Wanneer die waarde van iets te groot is om te bepaal.
  2. ‘n Persoon wat baie geld en besittings het.
  1. ‘n Plek waar skatte bewaar word.
  2. Om naasteby die waarde van iets te bepaal.
  3. Drie ander woorde vir hartlam of liefling. _______,

_______________of ______________ .

  1. Die houer waarin ‘n skat gehou word.
  2. Twee woorde vir iets wat pragtig of dierbaar is. _________

en ______________

  1. Wat geskat of waardeer kan word.
  2. Die teenoorgestelde van oorskat.
  3. ‘n Persoon wat die waarde van iets moet skat.

Opdrag 3:

Om verbeeldingryk en kreatief te skryf

[lu 4.1.2]

Veronderstel jy ontdek ‘n deel van die Krugermiljoene wat êrens begrawe lê. Maak ‘n lys van die dinge wat jy daarmee sal doen.

Die biografie

‘n Biografie is ‘n lewensbeskrywing van ‘n persoon, gewoonlik deur ‘n ander persoon gedoen. Daarteenoor kry ‘n mens ook ‘n outobiografie wat deur die persoon self oor homself geskryf is. Met ander woorde, hy vertel sy eie lewensverhaal.

‘n Biografie handel oor ‘n persoon se lewe. Gewoonlik is dit ‘n beroemde persoon soos ’n politikus, filmster, popster, sakeman of sportster. ‘n Biografie kan tydens ‘n persoon se lewe geskryf word, of nadat hy reeds dood is.

Hier volg ‘n paar biografiese besonderhede oor Paul Kruger:

Volle name : Stephanus Johannes Paulus Kruger

Geboortedatum : 10 Oktober 1825

Geboorteplek : Op die plaas Bulhoek in die distrik Steynsburg

Hoogtepunte in sy lewe :

As jong seun vertrek hy saam met sy ouers op die Groot Trek. Hy het feitlik geen skoolopleiding gehad nie.

Hy was ‘n onverskrokke jagter en baie sterk en fors gebou.

Op 25-jarige leeftyd word hy as veldkornet gekies.

In 1857 was hy een van die opstellers van die grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

1874 word hy lid van die Uitvoerende Raad van die Republiek.

Op 9 Mei 1883 word hy as die derde staatspresident van die Republiek in Pretoria ingesweer. Hy beklee die pos vir 19 jaar.

Toe goud aan die Witwatersrand ontdek is, het duisende vreemdelinge en fortuinsoekers na Johannesburg gestroom, en vir hierdie mense is baie gou stemreg geëis deur die Britse regering. Tydens die onderhandelings tussen Engeland en die ZAR het dit egter duidelik geword dat die Britte veral planne gehad het om die Transvaal sy onafhanklikheid te ontneem omdat hulle agter die goud van die Witwatersrand was.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask