<< Chapter < Page Chapter >> Page >

"Die president het geweet dat hy niemand kon vertrou nie, selfs nie die persone wat die naaste aan hom was nie, gevolglik kon hy dit nie waag om vir sy vertrouelinge te vra om die goud êrens te begrawe nie. Hy self was te oud en swak om dit self te doen. Bowendien was dit te gevaarlik.

"Daar word gesê dat die president die goud saam met hom Holland toe geneem het sodat dit eendag aangewend kon word om sy land weer op te bou.

"Teen middernag is die goud uit die Staatsmunt verwyder met ‘n wa wat deur twee muile getrek is. Die vragte goud is op ‘n trein gelaai wat teen dagbreek uit Pretoria vertrek het. Die president het die trein op Middelburg ingewag.

"In die daaropvolgende maande is daar van die goud uitbetaal aan persone aan wie die staat geld geskuld het.

“Blykbaar is ‘n deel van die goud direk na die buiteland gestuur etlike maande voordat die president die ZAR verlaat het. In Julie 1900 het die stoomskip, die Bundersrath , dertig kiste onverwerkte goud vanaf Lourenço Marques na Hamburg in Duitsland vervoer. Hofrekords oor wat van die goud geword het, is tydens die Tweede Wêreldoorlog vernietig.

"‘n Verdere honderd kiste is blykbaar twee maande later ook deur ‘n Duitse skip na Duitsland geneem. Daar bestaan ook geen rekords daarvan nie.

"Kort voordat Kruger Nelspruit verlaat het op pad na Lourenço Marques, het hy twee wavragte met goudstawe na Spitzkop, ‘n uitgediende mynkamp in die Transvaalse Drakensberge tussen Belfast en Pelgrimsrus gestuur. Êrens tussen daardie berge en valleie, so word daar beweer, is die Krugermiljoene begrawe.

“’n Paar dae later het generaal Lucas Meyer na Swaziland vertrek. Uiteindelik het hy ‘n plek tussen Swart Pelosse en Witte Pelosse bereik waar hy by ‘n klompie muilwaens met bruin drywers aangesluit het. Op die waens was klein houtkiste bedek met seile. Daar was geen twyfel dat die kiste goudstawe bevat het nie. Nadat Meyer ‘n plek aangewys het waar die goud begrawe moes word, het hy na Nelspruit teruggekeer waar hy by die president aangesluit het. ‘n Paar dae later het Kruger die grens tussen Transvaal en Mosambiek oorgesteek op pad na Lourenço Marques.

“Teen daardie tyd was daar net ‘n paar kiste met muntstukke nog in besit van die Boeremagte by Lydenburg. Die laaste oorblywende goud het geleidelik minder geword namate die Boere te veld kom aanspraak maak het op hul vergoeding. Uiteindelik het daar niks van die goud oorgebly nie en is die legende van die fabelagtige goudskat gebore.

“Baie mense is nog steeds daarvan oortuig dat daar êrens tussen die bergtoppe en valleie van Mpumalanga, daar waar my broer se plaas is, ‘n ontsaglike skat wag om ontdek te word,” sluit meneer Kok sy verhaal oor die Krugermiljoene af. Net toe lui die klok, maar niemand roer nie. Almal kyk hom ongelowig aan. Met ‘n ondeunde vonkel in sy oë, sê hy: ”So, as ek een van die dae met my nuwe Merc by die skool aankom, wat gaan julle dink? Dag, klas, geniet julle naweek. Moenie te hard soek nie, hoor.”

Opdrag 1:

Om vrae te kan beantwoord waarvan die antwoorde uit ‘n leesstuk afgelei kan word

[lu 3.2]

Beantwoord die volgende vrae aan die hand van die leesstuk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask