<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 15

Ontwerp ‘n verhoogstel en advertensieplakkaat

VISUELE KUNS

Tot dusver het julle onder andere verpakkingsontwerp , subkulture en die invloede op ‘n kunstenaar se werk ondersoek. Nou gaan julle die verpakkingsontwerp van Module 1 en die modelverhogie van Module 3 verder verken en gebruik as inspirasie vir die ontwerp en skepping van ‘n volwaardige verhoogstel , asook ‘n advertensie-plakkaat vir julle klasproduksie.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n stel vir ‘n verhoogproduksie te ontwerp

[lu 1.14]

STAP 1

  • Jy moet ‘n stel op miniatuurskaal vir die dansproduksie van Leereenheid 2 ontwerp. Hierdie stel moet so ontwerp word dat dit enige plek gebruik kan word en nie noodwendig op ‘n saal se verhoog nie – dit moet selfs in die buitelug opgerig kan word.
  • Aangesien die dansproduksie op ERFENIS fokus, moet jy kyk hoe jy deur middel van die stel die dans kan aanvul deur gebruik te maak van verskeie erfenisbeelde en/of –simbole. Kyk ook in jou eie omgewing vir enige plekke wat deur jou gemeenskap as ‘n erfenis beskou word. As jy byvoorbeeld in die Kaapstad-omgewing bly, kan jy gebruik maak van ‘n erfenis soos Tafelberg, die Kasteel, Robbeneiland, ou Kaapse huisies, ensovoorts.
  • Verdeel eers jou papier horisontaal in drie dele deur middel van drie stippellyne: lyn (a) is jou agtergrond; lyn (b) die middelgrond en lyn (c) die voorgrond:

STAP 2

  • Skryf nou eers in jou leerderjoernaal neer waar en wanneer die dans/toneelstuk afspeel; bv. binne of buite, in die stad of op die platteland, gedurende die dag of nag, ensovoorts.
  • Daarna beplan jy:
  1. wat in die agtergrond geplaas moet word, bv. ‘n horisonlyn met hoë geboue of ‘n bergreeks met ‘n maan en wolke as dit in die nag afspeel, ensovoorts;
  2. wat in die middel geplaas moet word, bv. ‘n muur, struike, ‘n heining, ensovoorts;
  3. wat op die voorgrond moet wees, bv. ‘n asdrom, ‘n motorband, rommel, ‘n bankie, ensovoorts.

Onthou dat die tema ERFENIS is! Onthou ook om kontraste, soos bv. lig en donker, helder en dof, koue en warm kleure, growwe en gladde teksture ens. in te werk sodat die voor-, middel- en agtergronde duidelik onderskeibaar is en nie saamsmelt nie. Dit is ook belangrik om plek oop te hou vir die dansers sodat hulle genoeg ruimte sal hê om vryelik te beweeg.

STAP 3

  • Jy kan nou met kleurpastelle of verf vorm en tekstuur gee aan die voorwerpe wat jy op die drie stippellyne (agter-, middel- en voorgronde) geteken het. Knip dan elke voorwerp om die beurt uit, BEHALWE die onderkante, dit wil sê die dele wat op die drie stippellyne is. Nadat jy al die vorms uitgeknip het, kan jy hulle na bo buig om hulle met ‘n 90°-hoek staan te maak. Die stelontwerp op ‘n klein skaal is nou voltooi.
  • Verdere detail soos bome, bosse of ander voorwerpe kan as losstaande invoegsels van karton gemaak word.
  • Bogenoemde skaalmodel dien as beplanning van die stel op klein skaal sodat foute reggestel kan word voordat julle die stel op groot skaal gaan bou – kyk dus nou of daar genoeg ruimte vir die dansers sal wees, en of sommige van jou vorms nie in die pad sal wees nie.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask