<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 2:

Om bemarking vir ‘n produksie te doen deur ‘n advertensie-plakkaat te ontwerp

[lu 1.15]

STAP 1

As eerste stap in jou beplanning moet jy eers na die volgende aspekte kyk:

  • Die teikenmark : Is die produksie vir volwassenes of kinders, of vir albei? Is die produksie slegs vir die plaaslike gemeenskap of vir ‘n groter gebied?
  • Plek van opvoering : Waar gaan die produksie plaasvind – binne of buite; by die skool of in ‘n plaaslike gemeenskapsaal? Is daar spesifieke sitplekke of staanplek, of beide?
  • Toegangskoste : Is die vertoning gratis of word toegangsgeld gevra? Is die vertoning vir liefdadigheid, of om byvoorbeeld ‘n bydrae te lewer tot gemeenskapsontwikkeling of -verfraaiing ?
  • Dinamiese maniere om reklame te maak : Hoe kan die aandag van die publiek getrek word deur middel van kleurgebruik, inhoud, kontraste, leesbare lettergebruik, slim slagspreuke, bekende en herkenbare simbole en/of beelde?
  • Bewustheid van toerisme : Wat maak hierdie produksie uniek aan die omgewing of eie aan Suid-Afrika? Wanneer julle bogenoemde vrae kan beantwoord, kan julle begin met die versameling van bronnemateriaal soos prente van dansers, erfenis in Suid-Afrika of jou eie omgewing, asook advertensies wat julle aandag getrek het.STAP 2

Letterwerk of tipografie is baie belangrik wanneer iets geadverteer moet word. Jy gaan dus eers ‘n alfabet ontwerp en teken. Al die letters van die alfabet moet hoofletters wees. Kies enige dier wat eie aan Suid-Afrika is, soos ‘n volstruis of leeu, en gebruik dan daardie dier vir die ontwerp van die hele alfabet. Sien die illustrasie as voorbeeld.

Die voltooide alfabet moet vir die belangrikste bewoording op die plakkaat gebruik word.

STAP 3

Laastens kan die advertensie-plakkaat ontwerp en gemaak word deur STAPPE 1 en 2 te kombineer. Gebruik ook van die versamelde beeldmateriaal (STAP 1) as inspirasie vir die ontwerp.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik 1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask