<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 8

‘n kritiese bewustheid van eie taalgebruik toon

AKTIWITEIT 1

Om

  • mondelinge tekste te verstaan
  • ‘n kritiese bewustheid van eie taalgebruik toon
LU 1.2 LU 2.7

Hier op Stellenbosch waar ek woon, het ek een middag om vieruur ‘n baie vreemde ding gesien: ‘n Jongerige, skraal vrou was besig om teen die steil bult voor my huis op te stap met ‘n leerhoed, kortbroek, dik sokkies, stapstewels, ‘n swaargelaaide rugsak, en sy het sowaar ‘n groot, swaar motorband agter haar aangesleep! Ek wou nie ongeskik wees en staar nie, maar ek kon nie help om so half agter die gordyn weg te kruip en deur die venster te loer nie. Wat op aarde was haar storie?

Ek het glad nie geweet wie sy was of wat aan die gang was nie. Sy was nie meer so vrééslik jonk nie. “Wat wil sy probeer bewys?” het ek gewonder.

So het dit week-in en week-uit gegaan. Die nuuskierigheid het die oorhand gekry en ek het die vrou voorgekeer. “Verskoon my, maar u interesseer my geweldig. Waarom stap u so?” het ek gevra.

Toe vertel sy my: Sy was besig om te oefen om Everest te klim! ‘n Gewone huisvrou uit my buurt! En om alles te kroon moes ek hoor dat sy al reeds in

Desember 2001 na die Suidpool geski het, en in April 2002 na die Noordpool! Nou wou sy die derde groot uitdaging aanvaar: Everest!

Correnè Erasmus-Coetzer was toe uiteindelik deel van ‘n groep wat die Everest Gevorderde Basiskamp bereik het. Hierdie kamp, ook bekend as Kamp 3, is hoër as vyf van die hoogste berge op die sewe kontinente. Dit is 6 250 m bo seevlak.

Dit was glo nie te koud nie (ongeveer –5 grade Celsius was die koudste). Die grootste gevaar was die dodelike hoogtesiekte. ‘n Mens kry dit wanneer die liggaam nie by die min suurstof kan aanpas nie. By 6 000 m bo seevlak is die suurstof net 47% van dit wat jy op seevlak kry.

Ten spyte van al die gevare wat sy moes trotseer, het die “gewone” huisvrou darem weer op 8 Mei veilig op Suid-Afrikaanse bodem geland.

‘n Mens weet nooit hoe besonders ‘n “gewone” mens kan wees nie! Soos hulle sê, moet nooit iemand op sy / haar baadjie takseer nie! Jy weet nooit watter interessanthede daar mag uitkom nie!

1 . Soek na ‘n storie oor ‘n ongewone (besonderse) mens wat jy in die klas kan kom vertel. Berei dit voor en vertel dit (in Afrikaans, natuurlik) aan die res van die klas. Dit hoef nou nie oor iemand te wees wat iets doen soos verafgeleë berge klim nie. ‘n Besonderse mens kan net ‘n doodgewone mens wees wat iets spesiaals vir sy/haar medemens doen.

Jy moet omtrent twee minute lank kan praat. Dink goed oor jou eie taalgebruik. Probeer om dit suiwer, korrek en idiomaties te hou.

2 . Luister krities na jou maats se vertellinge en vra vrae wanneer die storie klaar is. Op dié manier kan julle ‘n kort bespreking hê oor waardes. Besluit wat dit is wat mense “spesiaal” maak.

AKTIWITEIT 2

Om

  • verskillende taalvorme en sinstrukture te gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer
LU 6.2

1. Ons gaan nou sinne maak waarin die woorde as en indien gebruik word.

  • Kyk na hierdie voorbeelde:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask