<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 7

Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

AKTIWITEIT 1

Om

  • vir inligting te lees
  • mediatekste krities te ontleed
  • leesstrategieë te gebruik
  • jou woordeskat uit te brei
  • eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer
LU 3.4 LU 3.5 LU 3.6 LU 6.2 LU 6.3
  • Maar in sommige kusstreke is daar tog ook suksesverhale. Die volgende berig, wat oor ‘n besonderse mens handel, het op 18 Julie 2003 in Die Burger verskyn. Lees dit sorgvuldig deur en voer die opdragte uit wat daarop volg.

Bemagtig: Saldanha se werkloses boer

Mossels maak deur na beter lewe oop

Aanvraag só groot ‘hulle kan amper nie byhou nie’

MARENET JORDAAN

SALDANHA. - In ‘n klein geboutjie met ‘n vrolike geel dak in die hawe hier staan sewe vroue en sing terwyl hul vingers flink die dag se oes van 1,2 ℓ mossels skoonskrop.

Die meeste van hulle was ‘n jaar gelede werkloos en die Saldanha Mussel Growers’ Company (Salmusco) het vir hulle ‘n deur na ‘n beter lewe oopgemaak.

Me. Theola Coetzee (23) is een van dié gemeenskapsgedre­we maatskappy se 18 mossel­boere en aandeelhouers. Vir elke kilogram wat die maatskap­py van haar vlot se oes verkoop, kry sy R2,75.

Tog staan sy nog elke dag van 08:00 tot 17:00 saam met die ander vroue in die fabriek agter die skoonmaaktafels.

“Ek is nie bekommerd oor my vlot nie. Ek het ‘n werk nodig gehad,” het sy gesê.

Salmusco het op 1 September 2002 begin sake doen. Die mossel­boere het hul vlotte met behulp van lenings deur die Landbank aangekoop.

Mnr. Alestaire Brown, bestuurder van Salmusco, het gesê die see­toestande en water in Saldanhabaai is ideaal vir mosselboerdery omdat daar gedurig golwe vol voedingryke plankton oor die vlotte spoel.

“Ons mossels kom nooit met sand of vars water in aanraking nie en ons verkoop net lewende mossels,” het Brown gesê.

Die gedagte aan die maatskappy het onstaan uit ontwikkelings­werk­sessies wat die Sentrum vir Geïntegreerde Lande­like Ontwikkeling in die gemeenskap gehou het.

Mnr. Wilfred Williams, plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbestuur­der van die sentrum, het gesê die maatskappy gebruik tans net sowat 13 ha van die 50 ha wat hy by Portnet huur.

“Die doelwit is om eers die onderneming te stabiliseer voordat hy uitbrei,” het Williams gesê.

Werk by die fabriek begin reeds douvoordag wanneer die skuite Molina en Don Roco teen 04:00 by die vlotte gaan oes.

Mnr. Jaco van Reel, wat lid van die oesspan is, het gesê hy geniet sy werk omdat hy só die vars oggend-seelug kan inasem. Van Reel was voorheen ‘n kontrakwerker by ‘n staalfabriek.

Saam met hom op die Molina is mnr. Cratton van Niekerk, bedryfsbestuurder van Salmusco en ook ‘n mosselboer.

Hy was voorheen werkloos en het gesê hy het dié geleentheid met albei hande aangegryp.

Volgens Van Niekerk raak die aanvraag byna te groot en kan hulle amper nie by hul klante byhou nie. “Dit is opwindend om jouself te onderhou en te bemagtig. Ons maak nog nie eintlik wins nie, maar ek is elke dag bly om vorentoe te gaan.

marenet@dieburger.com

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask