<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 9

Om stories te verstaan en te waardeer

Aktiwiteit 1:

Om stories te verstaan en te waardeer

  • Luister aandagtig terwyl die onderwyser die onderstaande teks lees en voer dan die opdragte uit.
Bungee-Spring of Rekspring
Bungee-spring is ’n sportsoort wat die afgelope dekade of wat baie gewild geraak het in Suid-Afrika. As ’n mens jou nou met woordspeling wil besig hou, sou jy kon sê dat dit baie aan­hangers gekry het, of dat dit met rasse skrede vooruitgang gemaak het. Wat is bungee-spring? Dit is ’n sportsoort waar­in iemand van ’n hoë platform afspring, terwyl hy met rektoue vas is. Hierdie rektoue laat hom toe om vry grondwaarts te val, en dan terug te bons voordat hy die grond tref. Die springer val en bons ’n paar keer terug voordat die bungee-sprong verby is.Wat op dees aarde laat ’n mens so iets aanvang? Bungee-spring is die moderne mens se manier om uiting te gee aan ’n diepgewortelde behoefte om ’n intense adrenalien-“inspuiting” te ervaar. Dit hou vir sommige mense ’n diepe bekoring in om hul liggaam te forseer om iets te doen wat so totaal teen die mens se mees primêre drang om selfbehoud is.Die geskiedenis van bungee-springVolgens oorlewering het bungee-spring op die Pinkstereiland in die Nieu-Hebrides in die Stille Oseaan begin. (Om meer daaroor te lees, kyk Nancy Frase: Bungee Jumping for fun and profit. 1992. Merrillville, Indiana: ICS BOOKS, Inc.) Dit het só gebeur:’n Vrou wat deur haar man mishandel is, het in ’n hoë banyan -boom geklim in ’n poging om van hom te vlug. Hy het haar agternagesit, maar terwyl hy in die boom geklim het om haar by te kom, het sy lianatoue om haar enkels vasgeknoop en sekondes voor hy haar kon gryp, het sy grond toe geduik. Hy is agterna, maar sy was natuurlik slimmer as hy en sy het ongedeerd daarvan afge­kom, terwyl hy hom te pletter geval het! Die ander mans van die dorpie Bunlap op die eiland het besluit dat ’n vrou nooit weer vir hulle sou ore aansit nie, en hulle het toe begin om lianatou-spronge te oefen. In die 1960s het hulle ’n 83-voet hoë toring gebou waarvandaan daar gespring sou word. Daar is ’n “kussing” van ongeveer 25 cm modder op die grond onder die to­ring gemaak. Elke man het sy eie plat­form gebou, en voor hy toegelaat was om te spring, moes hy eers as deel van ’n ritueel gaan bad. Daarna moes hy teen die toring opklim, en op sy plat­form gaan staan. Dan het hy die liana­toue om sy enkels vasgebind. Sy vrou, wat nie vooraf in die arena toegelaat is nie, het dan nader gekom om na ’n soort “preek” te luister waarin hy sy klagtes oor haar bekend maak. Dan het die man kop eerste gespring.Dit is dan hoe hierdie sportsoort begin het. Op 1 April 1979 het die “Oxford Dangerous Sports Club of Britain” van die 245-voet hoë Clifton-brug in Bris­tol, Engeland, gespring. Hierdie groep het ook in die VSA van die Golden Gate in Kalifornië gespring, en in 1980 van die Royal Gorge-brug in Colorado. Een van die lede van die klub het daar 800 voet ver geval met ’n 415-voet tou, en daarmee ’n wêreld­rekord opge­stel.Vanaf 1986 het kommersiële bungee-terreine dwarsoor die wêreld ontstaan. Van die lande wat tans die bedrywigste op hierdie gebied is, is Nieu-Seeland, Australië, Frankryk, Duitsland, Noor­weë, Kanada, en les bes, Suid-Afrika.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask