<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Entrepreneurskap

Module 13

Ontwikkel ’n besigheidsplan en begroting

Aktiwiteit 1:

Om ‘n besigheidsidee tot ‘n besigheidsplan te omskep

[lu 4.4]

  • Nadat die besigheidsidee die lewensvatbaarheidstoets geslaag het, moet dit tot ‘n besigheidsplan ontwikkel word.

‘n Besigheidsplan is ‘n kerndokument in terme waarvan ‘n onderneming bestuur word.

Die besigheidsplan kan verskillende vorms aanneem. Die volgende raamwerk is na aanleiding van die besigheidsplan van ‘n maatskappy opgestel wat reeds vir ‘n paar jaar deur die maatskappy gebruik word. Dit is dus in die praktyk getoets.

BESIGHEIDSPLAN (bv. vir die jaar 2005)

1. Visie van besigheid:

Die visie van ‘n onderneming sê in enkele woorde hoe die onderneming homself graag nou en in die medium- tot langtermyn wil sien. Dit verander dus min van een jaar na die volgende.

Voorbeeld:

Om die leidende verskaffer van tuindienste in die Ermelo-dorpsgebied te wees

2. Missie:

Die missie sê kortliks hoe die onderneming te werk gaan om sy visie na te streef. Dit word aangepas soos wat veranderinge binne en buite die onderneming plaasvind en kan dus van jaar tot jaar verander.

Voorbeeld:

Tuine word weekliks netjies en skoon gehou en die grond word bewerk om vrugbaarheid te verhoog

3. Organogram:

Die organogram is ‘n uiteensetting van die struktuur van die organisasie in terme van die funksies en werknemers en ook wie aan wie rapporteer.

Voorbeeld:

4. Die mark

4.1 Potensiële kliënte

Dit is belangrik dat soveel moontlik inligting oor die potensiële kliënte hier verstrek word. Marknavorsing is essensieel en dit kan gedoen word met behulp van vraelyste, onderhoude, telefoonoproepe, bestudering van koerante en enige dokumente wat inligting oor die gemeenskap dra.

4.2 Mededingers

Inligting oor mededingers is noodsaaklik. Dit moet ‘n aanduiding gee van wie die mededingers is, wat hulle sterk punte is, maar veral wat hulle swak punte is, wat die mense van hulle sê, presies wat hulle verkoop en wat hulle bemarkingstrategieë is.

5. Doelwitte vir die betrokke jaar (in hierdie geval 2005)

‘n Besigheid stel altyd spesifieke doelwitte wat hy in ‘n bepaalde jaar wil behaal.

Voorbeeld:

5.1 Om deur 200 huiseienaars vir die versorging van hul tuine gekontrakteer te word

5.2 Om verkope van R980 000,00 te haal

  • Om ‘n wins gelyk aan 20% van verkope te behaal

6. Stappe vir die nastrewing van die doelwitte in die betrokke jaar

Vir elkeen van die doelwitte word daar aangedui hoe daar te werk gegaan sal word om die doelwit te haal.

Voorbeeld:

6.1 Doelwitte 5.1 en 5.2 sal behaal word deur

  • die produk of diens op die behoeftes van die kliënte te mik,
  • dit reg te prys,
  • in die koerante te adverteer,
  • persoonlike besoeke aan al die huise in die wyk te bring,
  • uitstekende diens aan bestaande kliënte te lewer sodat hulle ons adverteer, en ‘n korting van 10% op die normale prys aan te bied.

6.2 Doelwit 5.3 sal bereik word deur

  • Onnodige kostes uit te skakel, ens.

Iets meer oor bemarking:

Die nastrewing van besigheidsdoelwitte sonder doeltreffende bemarking is nie moontlik nie en daarom moet bemarking in hierdie deel van die besigheidsplan baie aandag kry. Daar word dikwels gesê dat dit makliker is om ‘n swak produk te verkoop as die bemarking goed is, as om ‘n goeie produk te verkoop as die bemarking swak is.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask