<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Entrepreneurskap

Module 12

‘n idee vir ‘n besigheid

Aktiwiteit 1:

Om die waarde van entrepreneurskap vir die gemeenskap te bespreek en besigheidsidees deur middel van ‘n swot-analis te genereer

[lu 4.5, 4.1]

  • Lees die volgende berig uit Die Burger van 5 Julie 2003 oor die poging van ‘n entrepreneur in Kaapstad:

BRON

‘N LANG DRAAD VAN ARMOEDE AF TOT BY ‘N BETER LEWE

Nellie Brand

Mnr. Unite Chimbadzo het ver gekom van die strate van Johannesburg en Kaapstad af tot in die vertoonkamertjie in ‘n gebou in Kloofstraat waar interessante draadkuns agter vuilerige vensters gesien kan word.

Sy draadkuns het Dinsdagaand op die tafels gepryk op die glansryke rugbydinee van die nuwe Springbokspan in die Kaapse internasionale konferensiesentrum om geld in te samel vir beseerde rugbyspelers.

Dit is in die vertoonkamer en werkwinkel in Kloofstraat 8 waar Loxionwires , die beslote korporasie wat hy en vyf ander kunstenaars gestig het, nou bedryf word. Voorheen is hul draadornamente op straat gemaak en uitgestal.

Die 60 draadballe wat vir die Springbokdinee gemaak is, is die soort bestelling wat hy hoop die beslote korporasie meer van sal kry.

Volgens hom het hulle Loxionwires gestig om groter projekte te kry. “Ons wil ons klante vertroue gee om bestellings te plaas. As ons op straat werk, gaan ons nooit groot bestellings kry nie,” sê hy.

Hy het ‘n brandende begeerte om ander werklose mense op te lei en hulle uit ‘n moeras van armoede, misdaad en dwelms – ‘n bekende verskynsel in sy woonbuurt in Khayelitsha – te red. Hy sê die besluit om die beslote korporasie te stig, is deur dié begeerte gedryf.

Die naam van die onderneming word immers uitgespreek soos op straat na “location” verwys word – “waar die mense woon wat ons wil werk gee”, sê hy.

Loxionwires het tans 42 mense in diens.

Hy sê werklose mense word opgelei om te verseker dat hulle die dag wanneer hulle ‘n groot bestelling kry, die gehalte sal kan bied wat klante tevrede sal stel.

Hy verwag dat sake teen einde vanjaar, wanneer hulle draad-Kersboompies maak, sal verbeter.

Hy vertel van jong mense wat werkloos is en hulle wend tot misdaad om te oorleef.

“Dit is nie veilig vir my om die enigste een in my woonbuurt te wees wat in die aand met geld in my sak huis toe gaan nie,” sê hy. “Ek weet iewers langs die pad gaan ek gevaar teenkom.”

Hy hoop sy voorbeeld sal sulke mense oortuig dat daar ander maniere is om ‘n inkomste te verdien. “As ek dit kan doen, kan ander ook. Al wat ek gebruik, is my hande en my verstand om ‘n ornament te maak wat sal verkoop en waarop ek nie ‘n verlies gaan ly nie,” sê hy.

Dit het hom 10 jaar geneem, sedert hy van Zimbabwe af Suid-Afrika toe gekom het op soek na ‘n beter lewe, om self as ‘n sukkelende kunstenaar ‘n betreklik vaste inkomstestroom uit sy handewerk te verdien.

As 19-jarige wat sy matriek met vyf onderskeidings – in onder meer wiskunde en wetenskap – geslaag het, maar sedert 1993 nie ‘n vaste werk kon kry nie, het hy in Johannesburg gesien hoe mense op draadkuns oorleef.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask