<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wat die bemarkingsfaset van ‘n besigheid betref, kan daar tussen twee fases onderskei word.

  • Fase 1 behels die marknavorsing wat vroeg in die beplanningsproses reeds gedoen moet word, aangesien die aard en prys van die produk of diens na aanleiding daarvan bepaal word.
  • Fase 2 behels die beplanning en uitvoering van ‘n bemarkingsaksie.

Hier is plek, tyd en promosie die drie wagwoorde. Die bemarkingsaksies moet eerstens op die regte tyd by die regte plek gebeur. Dit help byvoorbeeld nie dat die produk by ‘n plek uitgestal word wanneer daar geen mense is nie. Verder moet die aksies die aandag van die potensiële kliënte trek (promosie).

Advertensies speel hierin ‘n belangrike rol. Advertensies moet aandag trek , interessant wees en die kyker tot aksie dwing .

Die keuse van media is ook belangrik. Die media wat waarskynlik mees algemeen gebruik word, is plakkate, koerante, radio en televisie.

7. Begroting vir die betrokke jaar

Die begroting vorm die belangrikste deel van die besigheidsplan. Al die beplanning soos hierbo genoem kan slegs realiseer as die nodige finansies beskikbaar is en dit is die begroting wat wys of dit moontlik is of nie.

Die inkomstestaat soos in Aktiwiteit 1.2 gedoen, is ‘n belangrike deel van die begroting, maar moet aangevul word deur ‘n balansstaat en kontantvloeistaat.

8. Projeksie vir die volgende jaar (in hierdie geval 2006)

‘n Besigheid kyk altyd verby die jaar waar hy homself bevind en probeer ‘n ingeligte vooruitskatting maak van wat hy in die volgende jaar of twee gaan bereik.

Die inkomstestaatformaat kan vir die doel gebruik word. Alle moontlike faktore word in ag geneem en daar word dan besluit of die verkope behoort te styg, bv. met 10%, of daar nuwe kostes sal wees wat die wins sal kleiner maak bv. as daar voorsien word dat addisionele bemarking gedoen sal moet word, ens.

OPDRAG:

Gebruik bogenoemde raamwerk en omskep jou besigheidsidee tot ‘n besigheidsplan. Gebruik die raamwerk wat op die volgende bladsy begin. Die raamwerk begin op ‘n nuwe bladsy sodat jy dit vir jou portefeulje kan gebruik.

M y B esigheidsplan

Tydperk________________ tot ____________________

1. Visie

2. Missie

3. Organogram

4. Die mark

4.1 Potensiële kliënte (na aanleiding van navorsing)

4.2 Mededingers (na aanleiding van navorsing)

5. Doelwitte (onthou: spesifiek vir die tydperk in die opskrif aangedui)

6. Stappe vir die nastrewing van die doelwitte (onthou om jou bemarkingstrategie hier uiteen te sit)

7. Begroting (vir die tydperk soos in die opskrif aangedui)

Gegewens:

Verkoopprys
Getal eenhede wat verkoop gaan word
Produkkoste per eenheid
Bedryfskostes voorsien (onthou omvoldoende voorsiening vir bemarking te maak)

Berekeninge:

Verkope___________________
Produkkoste________________
Brutowins as eerste aanduider (verkope min produkkoste)_______________
Bedryfskostes ______________
Operasionele wins_______________

8. Projeksie (vir die tydperk wat volg na die tydperk in die opskrif)

Verkope____________________
Produkkoste___________________-
Brutowins as eerste aanduider (verkope min produkkoste)____________
Bedryfskostes
Operasionele wins_______________

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
VaardighedeDie leerder is in staat om entrepreneurs-kennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
4.1 deur ‘n SWOT-analise moontlike besigheidsidees kan genereer om in die behoefte aan vervaardigde goedere en dienste te voorsien;
4.2 ‘n sakeplan ontwikkel (wat ‘n begroting insluit) vir ‘n vervaardigings-, diens- of toerismebedryf gebaseer op die beste sakegeleentheid uit die voorgestelde idees;
4.3 betrokke raak by die sake-aktiwiteit wat beplan is en bespreek die redes vir die keuse van ‘n spesifieke vorm van eienaarskap;
4.4 ‘n bemarkingsveldtog uitvoer as promosie vir ‘n produk en bespreek die reklamemedia wat ingespan word;
4.5 navorsing doen oor die rol van klein, medium en mikro-ondernemings in die proses van welvaart- en werkskepping.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask