<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.

Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.

Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)

Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.

Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.

Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram .

'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.

Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.

Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.

Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.

Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.

Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.

'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: massa [lu 1.8, lu 1.93, 2.2, 4.5]

  • Bonnie en Ouma wil graag pannekoek bak. Hulle moet die bestanddele akkuraat afmeet as hulle wil hê dit moet 'n sukses wees.

Droë bestanddele soos meel en die suiker word met 'n standaard maatkoppie en maatlepels in gram en kilogram afgemeet of ons kan 'n kombuisskaal gebruik om dit af te weeg. Onthou: 1 000 g = 1 kg

Vloeistowwe soos olie, melk en water word met 'n standaard maatbeker en maatlepels in milliliter en liter afgemeet. Onthou: 1 000 mℓ = 1ℓ

  • Hier is hulle resep. Julle kan dit in die skool of by die huis uittoets.

Bestanddele:

4 koppies (544g) koekmeel

4 eiers

1 koppie (250mℓ) olie

1 t (5mℓ) sout

koppie (63mℓ) asyn

1ℓ water

4 t. (20mℓ) bakpoeier

Metode:

1. Klits die eiers, olie, asyn en 'n bietjie van die water baie goed.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask