<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Meting en tyd

Module 41

Massa

Massa

Aktiwiteit 1:

Om probleme op te los wat die kies van standaardeenhede insluit [LU 4.6]

1. Net soos by lengte, is dit noodsaaklik dat ons sal weet wanneer om gram, kg en ton as eenheid te gebruik.

Werk saam met ’n maat en maak beurte. Neem enige drie voorwerpe in jou klas. Hou elkeen apart vas en rangskik hulle dan van die ligste tot die swaarste. In watter eenheid sal jy jou items weeg: gram? kg? ton?

Voltooi die tabel:

Item Van lig tot swaar Eenheid
1 . .......................................... .......................................... ..........................................
2 . .......................................... .......................................... ..........................................
3 . .......................................... .......................................... ..........................................

Onthou jy nog?

1 000 g = 1 kg

1 000 kg = 1 ton

Soms is items / artikels so lig dat jy nie kan sien hoeveel hulle weeg op ’n gewone skaal nie. Maak ’n regmerkie by dié wat jy dink ’n massa van minder as 1 gram het.

’n veer
’n krammetjie
’n haarrekkie
’n uitveër
’n lemoen
’n pen
’n koppiespeld
’n sandkorrel
’n haar

Aktiwiteit 2:

Om te meet en op te teken [LU 4.5.1]

Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [LU 4.7.1]

Het jy geweet?

Om die massa van ’n item te bepaal, beteken dat ons wil weet hoe swaar die item is of hoeveel dit weeg . Om dit te kan doen, benodig ons ’n skaal . Aan hoeveel verskillende soorte skale kan jy dink?

Skryf hul name hier neer.

1. Kyk goed na die volgende voorbeelde van skale. Werk saam met ’n maat en skryf die lesing op elke skaal neer.

1.1

1.2

1.3

1.4

1.5

1.6

2. Kyk na die volgende tekeninge en skryf die massa van die voorwerpe neer.

2.1

2.2

2.3

2.4

Aktiwiteit 3:

Om te skat, te meet en op te teken [LU 4.5.1]

Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [LU 4.7.1]

Werk in groepe van drie. Bring die volgende items van die huis af saam:

’n skaal ; 1 koppie rou rys ; 1 koppie suiker ; 1 koppie koekmeel ; 1 koppie sout ; 1 koppie graanvlokkies en 1 koppie rosyntjies.(Onthou om dieselfde koppie te gebruik wanneer julle afmeet!)

1. Bepaal nou die massa van bogenoemde en voltooi die tabel.

Item Massa in g geskat Gemeet Verskil
.............................................. ......................... ..................... .....................

2. Wat weeg die swaarste?

3. Wat weeg die ligste?

Aktiwiteit 4:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaardeenhede insluit [LU 4.6]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask