<< Chapter < Page Chapter >> Page >

So het ek verander...

Wys hoe jy sedert jou babajare verander het in die ruimte hieronder.

  • Jy kan blokkies teken wat elke drie jaar van jou lewe verteenwoordig, of wolke of enige ander voorstelling gebruik.
  • Wees gerus kreatief en maak gebruik van woorde en sketse in elkeen van die vorms om die proses van verandering te verduidelik.
  • Gebruik kleur om jou werk op te kikker.

Ons het hierbo meestal van jou regterbreinfunksies gebruik. Kom ons stel min of meer dieselfde inligting voor in 'n gestruktureerde vorm. Daar is 'n voorbeeld hieronder. Voltooi na goeddunke.

3 jaar 6 jaar 9 jaar 12 jaar
Massa: 25 kg 38 kg 45 kg 60 kg

Die hondjie wat aan die agterspeen suig...

Wie van julle het al klein hondjies by julle in die huis gehad vanaf geboorte tot wanneer hulle gespeen is? As dit 'n groot werpsel is, is daar altyd enetjie wat so effens weggestoot word en wat net so dan en wan by die ou klein agterspeentjie toegelaat word. So 'n hondjie word òf 'n bedeesde klein dingetjie òf 'n regte "scrapper" wat staan op sy regte.

Julle vra seker wat hondjies met selfbeeld te doen het.

  • Dink weer aan wat hierbo staan.
  • Voel jy soms of jy aan die agterste speentjie suig?

Kom ons kyk na spesifieke vrae rondom 'n gesonde selfbeeld.

Antwoord elke vraag so eerlik as wat jy kan. Jou antwoorde kan dalk van tyd tot tyd verskil - na gelang van wat in jou lewe gebeur. Op 'n blou Maandag voel jy anders oor jouself as op dae wanneer alles reg loop.

Antwoord slegs altyd , soms of nooit .

1. As ek 'n fout maak, voel ek baie sleg.

2. Ek pas maklik aan in vreemde omstandighede.

3. Ek maak maklik maats.

4. Mense hou van my.

5. Ek hou van uitdagings.

6. Ek is eerlik.

7. Ek is 'n leier.

8. Ek het my eie styl. (manier van doen, ens.)

9. Mense luister na wat ek sê.

10. Ek voel ek is spesiaal.

  • Ontspan, hierdie is nie "reg of verkeerd"-antwoorde nie.
  • As jy "altyd" op al die vrae geantwoord het, het jy heel waarskynlik baie selfvertroue.
  • As jy op alles "nooit" geantwoord het, kort jy heel waarskynlik selfvertroue.
  • Kyk weer na vraag 1. As diè vraag jou angstig gemaak en jy daar "altyd" geantwoord het, is jy dalk ietwat van 'n perfeksionis. Om 'n perfeksionis te wees, beteken dat jy alles foutloos reg wil doen en jy verwag ander mense moet ook nie foute maak nie. Hoe leer 'n mens? Deur te probeer. En as jy probeer, sal jy foute maak. Om foute te maak, is dus deel van die leerproses - en nie iets om te veel oor te stres nie!

Groepbespreking

  • Onthou julle nog die wenke wat die vorige keer gegee is?
  • Lees die wenke weer en pas dit toe.

BESPREKINGSPUNT: Watter faktore beïnvloed mense se selfbeeld?

Met die pen

Maak 'n lys van die faktore wat ter sprake kom en merk die faktore wat op jou eie selfbeeld 'n invloed het met 'n *.

Wat het jy geleer?

  • Vind almal al die faktore ewe belangrik, of nie?
  • As iemand dink hy of sy is onaantreklik, gaan dié faktor vir daardie persoon belangrik wees. Indien iemand voel hy of sy is armer as die ander om hom of haar, gaan dié faktor weer eens 'n groot rol speel.
  • Mense met 'n gelukkige gesinslewe se selfbeeld mag dalk sterker wees as diegene wat 'n ongelukkige gesinslewe het. Of dink julle nie so nie?
  • Wat van iemand wat moeilik maats maak? Iemand wat by 'n nuwe skool kom? Party faktore is dalk van 'n meer tydelike aard as ander. Wat dink julle? (Jy gaan tog nie vir altyd vreemd voel in 'n nuwe skool nie!)[LU 3.1]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings.

Memorandum

Die werk handel oor die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld word gedurende die eerste kwartaal gedoen omdat die Graad 8 leerders se selfbeeld baie maal ‘n groot “duik” kry gedurende die aanpassingsperiode aan die begin van die jaar. In graad 7 was hulle die hoofhoenders, nou is hulle weer aan die onderpunt van die “voedselketting”.

Dit is so opgestel dat u op ‘n informele manier kan assesseer hoe die leerder voel, aanpas en ontwikkel. U kan dalk fotokopieë maak van sekere van die bladsye vir u portfolio en die van die leerder, bv. bladsy 8 kan vir u ‘n goeie aanduiding van die leerder se insig en ingesteldheid gee.

Daar word ook gekyk na sake wat pertinent vir die nuwe leerder van belang is, nl. die aanpassing by ‘n nuwe skool en die etikettering wat baie leerders ongelukkig maak. Hierdie is sensitiewe sake vir die jong tiener en die invloed van groepsdruk en aanvaarding kan nooit oorskat word nie. Gebruik gerus tyd om hierdie saak met u klas te bespreek.

Die jong tieners word ook gelei in die module om te aanvaar en te verstaan dat mense maar mag verskil en dat verskille nie beteken dat mense mekaar onaanvaarbaar vind nie. Hulle leer ook hulself beter ken en bemeester die woordeskat om hulself (karakter) te kan beskryf. Bladsy 15 kan aan die leerkrag waardevolle inligting gee aangaande die gevoelswêreld, die belangstellings en die kreatiwiteit van ‘n betrokke leerder.

Die gedeelte wat handel oor die kenmerke van ‘n wenner, is daarop gerig dat die leerders besef dat elkeen wat sy of haar beste lewer ‘n wenner is. Dis sterk motiverend van aard en sal hopelik ‘n nog wankelende selfbeeld verder versterk.

Sterkte met die groot taak.

Questions & Answers

differentiate between demand and supply giving examples
Lambiv Reply
differentiated between demand and supply using examples
Lambiv
what is labour ?
Lambiv
how will I do?
Venny Reply
how is the graph works?I don't fully understand
Rezat Reply
information
Eliyee
devaluation
Eliyee
t
WARKISA
hi guys good evening to all
Lambiv
multiple choice question
Aster Reply
appreciation
Eliyee
explain perfect market
Lindiwe Reply
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
Ezea
What is ceteris paribus?
Shukri Reply
other things being equal
AI-Robot
When MP₁ becomes negative, TP start to decline. Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of lab
Kelo
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of labour (APL) and marginal product of labour (MPL)
Kelo
yes,thank you
Shukri
Can I ask you other question?
Shukri
what is monopoly mean?
Habtamu Reply
What is different between quantity demand and demand?
Shukri Reply
Quantity demanded refers to the specific amount of a good or service that consumers are willing and able to purchase at a give price and within a specific time period. Demand, on the other hand, is a broader concept that encompasses the entire relationship between price and quantity demanded
Ezea
ok
Shukri
how do you save a country economic situation when it's falling apart
Lilia Reply
what is the difference between economic growth and development
Fiker Reply
Economic growth as an increase in the production and consumption of goods and services within an economy.but Economic development as a broader concept that encompasses not only economic growth but also social & human well being.
Shukri
production function means
Jabir
What do you think is more important to focus on when considering inequality ?
Abdisa Reply
any question about economics?
Awais Reply
sir...I just want to ask one question... Define the term contract curve? if you are free please help me to find this answer 🙏
Asui
it is a curve that we get after connecting the pareto optimal combinations of two consumers after their mutually beneficial trade offs
Awais
thank you so much 👍 sir
Asui
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities, where neither p
Cornelius
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities,
Cornelius
Suppose a consumer consuming two commodities X and Y has The following utility function u=X0.4 Y0.6. If the price of the X and Y are 2 and 3 respectively and income Constraint is birr 50. A,Calculate quantities of x and y which maximize utility. B,Calculate value of Lagrange multiplier. C,Calculate quantities of X and Y consumed with a given price. D,alculate optimum level of output .
Feyisa Reply
Answer
Feyisa
c
Jabir
the market for lemon has 10 potential consumers, each having an individual demand curve p=101-10Qi, where p is price in dollar's per cup and Qi is the number of cups demanded per week by the i th consumer.Find the market demand curve using algebra. Draw an individual demand curve and the market dema
Gsbwnw Reply
suppose the production function is given by ( L, K)=L¼K¾.assuming capital is fixed find APL and MPL. consider the following short run production function:Q=6L²-0.4L³ a) find the value of L that maximizes output b)find the value of L that maximizes marginal product
Abdureman
types of unemployment
Yomi Reply
What is the difference between perfect competition and monopolistic competition?
Mohammed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask