<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Persoonlike ontwikkeling: selfbeeld

Module 1

Selfbeeld

Ken jy die uitdrukking "Nog vis, nog vlees"? Dit beteken iemand is nie heeltemal seker waar hy of sy inpas nie. Voorbeeld: 'n dertienjarige op 'n partytjie waar daar net mense ouer as twintig jaar is. Die meeste dertienjariges sal seker so half ongemaklik voel, of hoe?

Aan die begin van jou hoërskoolloopbaan (groot woord, nè?) is daar dalk van jou maats (of dalk jy) wat op die oomblik "nog vis, nog vlees" voel. Aan die einde van verlede jaar was julle die hane op die mishope, die "groot" kinders na wie die "kleintjies" met bewondering gekyk het. Nou is daar ander ouer leerders wat julle beskou as die "kleintjies" - en van julle is eintlik nie meer so klein nie. Dalk is daar diegene wat meer volwasse as die res van die klasmaats voel, maar die ouer kinders is nie gretig om so 'n persoon te aanvaar nie. Dit laat 'n mens wonder: Waar pas ek dan in?

Dis belangrik, veral in 'n tyd van aanpassing, dat 'n mens 'n stewige en positiewe selfbeeld het. Jou selfbeeld is dit wat jy van jouself dink. Dis belangrik dat hierdie idee wat jy van jouself het, positief, dog realisties is om jou te help om jouself te handhaaf - veral aan die begin van 'n nuwe fase in jou lewe.

Hoe word 'n mens se selfbeeld gevorm? Meestal deur wat mense vir jou en van jou sê en hoe hulle teenoor jou optree. Die eerste mense wat 'n invloed op jou selfbeeld het, is sekerlik die gesin of die familie. Wanneer jy skool toe gaan, word die leerkrag en die ander leerders se opinies vir jou belangrik. Teen die tyd dat jy 'n tiener is, is jou vriende se optrede en gevoelens teenoor jou van groot belang. Nou word ander faktore belangrik. Hoe lyk ek vir myself en vir ander? Is ek kleiner of groter as my maats? Verskil my agtergrond van die ander in my omgewing of klas? Is ek slim? Is ek goed in sport? Is ek gewild?

Op hierdie stadium van jou lewe is jy geneig om jouself te meet aan standaarde wat jou ouderdomsgroep oor die algemeen stel. Baie van hierdie standaarde word ook vasgelê deur die media. (Wat is "cool" en wat is nie... bv. dis wat "ons" dra en dis wat "ons" doen.) Dis maar hoe dit gaan. As jy dalk een van die skaars individualiste is wat jou eie ding doen, is dit belangrik dat jy die tegniek van positiewe selfterugvoering bemeester. Maar meer daaroor later.

Groepbespreking

Wenke om die groepbespreking vlot te laat verloop

  • Maak beurte om julle sê te sê.
  • Wanneer een persoon praat, bly die ander stil en hulle luister.
  • Hou jou bydrae kort en gee almal kans.
  • Help die skames deur vir hulle vrae te vra.
  • Dis natuurlik om te verskil, maar respekteer mekaar se sienings.
  • Hou die tyd wat vir hierdie bespreking toegelaat is, in gedagte.

Besprekingspunt:hoe verskil hierdie jaar van verlede jaar? hoe voel jy oor die dinge wat verander het?

  • Wat het jy geleer?
  • Hoe het dit gegaan?
  • Het almal deelgeneem?
  • Was dit 'n geslaagde bespreking?
  • Skryf ja of nee en gee die redes. Skryf kortliks neer wat jy as die grootste verskil tussen verlede jaar en hierdie jaar beleef en hoe jy daaroor voel.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask