<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 8

Natuurlike hulpbronne

Module 8

Landbou, bosbou en indringerspesies

Landbou

  • Die grootste skade wat die mens die aarde berokken – en dus ook die ernstige bedreiging vir sy eie voortbestaan – word deur die landbou aangerig. Ontsaglike dele van die planeet se natuurlike grond-ekostelsels is reeds vernietig en deur kunsmatige landboustelsels vervang. In die proses word streke se lewensvatbaarheid en hul vermoë om hul klimaat te reguleer grootliks verminder of vernietig.
  • Van Suid-Afrika se oppervlakte word ongeveer 85 persent vir landbou en bosbou aangewend. Tog het slegs 45 persent van die land ‘n reënval van meer as 500 mm per jaar en is slegs om en by 12 persent geskik vir die verbouing van gewasse. Die res bestaan hoofsaaklik uit veld wat vir weiding gebruik word.
  • Gebrekkige beplanning in die verlede het veroorsaak dat groot stukke goeie landbougrond vandag vir altyd verlore is. Verstedeliking, mynbou (veral aan die Witwatersrand en Oos-Transvaalse Hoëveld) en ander bedrywighede het ook hul tol geëis. Verder het onoordeelkundige bestuurspraktyke en die verbouing van ekologiese ongeskikte gewasse tot wydverspreide omgewingsaftakeling in die vorm van gronderosie en woestynvorming gelei. Die verlies aan grond, meestal weens verkeerde landboupraktyke, word geskat op tussen 300 en 400 miljoen ton per jaar.
  • Die ongelykhede in grondbesit in die Suid-Afrikaanse landbou is ‘n kwessie wat ook aandag verg. Op die oomblik besit ‘n geskatte 50 000 wit boere sowat 85 miljoen hektaar, waarvan omtrent 14,3 miljoen bewerkbaar is. Die 700 000 swart boere in die voormalige tuislande besit sowat 15 miljoen hektaar, waarvan slegs 2,3 miljoen verbroubaar is.

Aktiwiteit 1:

Om die misbruik van landbougrond te identifiseer en voorkomende optredes voor te stel

[lu 3.3]

1. Onderstreep die korrekte woorde. Verduidelik jou keuse.

  • Veestapels moet tot binne die drakrag van die grond verminder / vermeerder word.
  • Gelyktydige verbouing van gewasse en die aanhou van vee moet aangemoedig / ontmoedig word.

2. Waarom is dit noodsaaklik dat die gebruik van bemestingstowwe, plaag- en onkruiddoders streng beheer moet word? Gee jou opinie.

3. In watter opsig dra verstedeliking by tot die vernietiging van landbougrond?

Bosbou

  • Woude vorm ‘n intergrale deel van die aarde se lewensonderhoudende stelsels. Hulle speel ‘n sleutelrol in die regulering van die atmosfeer en die klimaat deurdat hulle koolstof opgaar en plaaslike watersiklusse aan die gang hou. Hulle beskerm die grond teen oormatige erosie, reguleer die afloop van water, en verminder die impak van verspoelings en die gevolglike slikneerslae in riviere. Natuurlike woude is gewoonlik hoogs diverse ekostelsels wat miljoene spesies onderhou en vir die mens ‘n waardevolle hulpbron is. Hulle vorm ook ‘n belangrike deel van die bronnebasis vir toerisme en ontspanning en is bowendien van onskatbare kulturele waarde.
  • Ongelukkig word woude wêreldwyd toenemend bedreig deur besoedeling en suurreën, onvolhoubare houtkappery, en die uitbreiding van landbougrond en stedelike gebiede.
  • In Suid-Afrika is inheemse en immergroen woude die kleinste en mees versnipperde van die land se sewe belangrikste biome, en bedek dit net 0,25 persent van die oppervlakte. Met die koms van Europese setlaars in die 17de eeu, is hierdie woude op groot skaal ontgin en baie areas is totaal ontbos. Die oorblywende inheemse woude in staatsbesit, veral dié in Suid-Kaapland, word goed bestuur en lewer ‘n volhoubare opbrengs geelhout, stinkhout en varings. Inheemse woude in private besit word nie behoorlik beskerm nie en is besig om vinnig agteruit te gaan.
  • In die proses word ekostelsels afgetakel, biodiversiteit verminder, grond verspoel en kosbare waterbronne vermors.
  • Suid-Afrika is ‘n belangrike uitvoerder van veral denne-, wattel- en bloekomhout.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask