<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 2:

Om maniere te ondersoek wat die uitputting van hout as hulpbron sal verminder

[lu 3.3]

1. Stel ‘n alternatiewe materiaal voor waaruit elk van die volgende produkte vervaardig kan word:

  • Kurkproppe (boombas)
  • Rayonmateriaal
  • Houtplanke vir die maak van meubels
  • Houtsaagsels
  • Papier
  • Dwarslêers (spoor)
  • Houtkissies (vrugte)
  • Potlode

2. Watter funksies wat deur bome (woude) as ‘n lewensonderhoudende stelsel verrig word, kan deur niks anders verrig word nie? (Sien par. 1)

Aktiwiteit 3:

Om die belangrikste woudstreke op ‘n kaart aan te dui

[lu 1,1]

  • Raadpleeg ‘n atlas om die belangrikste woudstreke in die RSA aan te dui.

Indringerspesies

  • Suid-Afrika se natuurlike omgewing is reeds deur meer as 100 spesies vreemde fauna en flora binnegedring. Dit het aanleiding gegee tot wydverspreide ekologiese skade en verliese van etlike miljarde rande ten opsigte van verlore landboupotensiaal en ander grondgebruike. Boonop is die uitroei van indringerspesies ‘n duur en tydrowende proses.
  • Die indringerplante wat die afgelope dekades die vinnigste versprei het en reeds honderde duisende hektaar ingeneem het, sluit in hakea , Australiese Acacias , die Mauritius-doring, paraffienbos, lantana, waterlelie, nasella-graspol, verskeie dennespesies en die litjieskaktus.
  • Vreemde visspesies soos forelle en babers het ook reeds sommige rivierstelsels se inheemse vis verdring, terwyl eksotiese voëlsoorte soos Europese spreeus en Indiese myna-voëls ‘n oorlas in stedelike en moontlik in landelike gebiede is. Hul presies getalle is egter nie bekend nie. Uitheemse rotte en muise is probleemdiere in menslike nedersettings, terwyl die Argentynse mier Suid-Afrika se fynbos bedreig deurdat hy die saadverspreidende inheemse mier verdring.
  • Suid-Afrika se kosbare waterbronne word ook swaar getref deur indringerplante. Oewerhabitats is veral kwesbaar vir indringing en die bo- en middellope van talle riviere is byna heeltemal toegegroei deur digte plate silwer en swart wattelbome ( Acacia -spesies).
  • In fynbosgebiede het digte plate indringerplante die waterbalans van bergopvanggebiede versteur en skep indringers ‘n baie groter brandgevaar as die natuurlike plantegroei.
  • Al sewe die belangrikste biosfere word deur indringerplante bedreig en fynbos, savanna en woudgebiede word die swaarste getref. Tot dusver is pogings om indringerplante in die subkontinent se formele bewaringsgebiede in bedwang te bring, met wisselende sukses toegespits op indringerbome en -struike. Indringing deur onkruid en grasse word meestal oor die hoof gesien en weinig ekologiese inligting is beskikbaar oor hierdie probleem.

Aktiwiteit 4:

Om navorsing oor indringerspesies te doen en daaroor te skryf

[lu 1.2]

Om indringerspesies uit te roei, is ‘n duur en tydrowende proses.

1. Skryf kort aantekeninge oor een indringerplant en een indringerdier wat in julle omgewing voorkom.

a) Indringerplant

b) Indringerdier

Enkele voorbeelde van indringerplante

Litjieskaktus

Besmetting deur litjieskaktus belemmer boerderybedrywighede en veroorsaak dat die waarde van besmette grond verminder.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask