<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Volgens die hoofde van veertien hoërskole in die Khayelitsha-omgewing, het tot 3 000 meer leerlinge hulle daar aangemeld, terwyl sowat 2 000 kinders nog nie by skole ingeskryf is nie.

Kenners meen die Gautengse Onderwysdepartement ondervind waarskynlik dieselfde probleem. “Verstedeliking is ‘n wêreldwye verskynsel. Leerlinge gaan waar hulle dink hulle die beste onderwys sal kry. Dis oral dieselfde van Riversdal, Saldanha en Delft tot Stellenbosch. As mense selfs net hoor daar is werksgeleenthede, migreer hulle soontoe,” word gesê.

By die Primêre Skool Bloekombos, die enigste skool in die snelgroeiende Kraaifontein, is tot 150 leerlinge in ‘n klaskamer geprop en bied drie onderwysers gelyktydig verskillende vakke aan.

Uit: Die Burger , 21 Februarie 2001

WES-KAAP STAAN REG VIR 48 000 INTREKKERS

Theuns van der Westhuizen

KAAPSTAD - Die Wes-Kaapse regering en munisipaliteite sal minstens 12 000 wooneenhede, 12 laerskole, 6 hoërskole en 2 of 3 nuwe klinieke per jaar moet bou om te voorsien in die behoeftes van mense wat elke jaar uit ander provinsies hierheen trek.

En die situasie sal nie in die afsienbare toekoms verander nie. Dus sal dit beter wees om pro-aktief op te tree, het die minister van omgewingsake en ontwikkelings-beplanning gesê.

Hy het verwys na bevindings van ‘n ondersoek wat in 2001 na migrasiepatrone vir die Wes-Kaapse regering gedoen is, en wat die premier ook in sy openingsrede in die provinsiale parlement genoem het.

Die ondersoek het getoon dat sowat 48 000 mense per jaar uit ander provinsies – hoofsaaklik Oos- en Noord-Kaap na die Wes-Kaap verhuis.

Uit: Die Burger , 27 Februarie 2003

REGERING MAAK NOODPLAN BEKEND NÁ KAAPSE VLOEDE

Anesca Smith

KAAPSTAD - Met byna 15 000 Kapenaars wat sedert Donderdag dakloos gelaat is weens vloedreën, gaan die provinsiale regering vandag met ‘n driedaagse noodleningsprogram in die Kaapse metropool begin.

Dié aankondiging is gister deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en behuising, mnr. Marius Fransman, gedoen. Minstens 2 796 plakkershutte het sedert verlede Donderdag tot Maandag oorspoel in 28 informele woongebiede. Sowat 155 mm reën het in dié tyd geval.

Fransman en die premier, mnr. Ebrahim Rasool, die nasionale minister van behuising, me. Lindiwe Sisulu, en die burgermeester van die uniestad, mev. Nomaindia Mfeketo, besoek vandag een van die gebiede, Wallacedene naby Kraaifontein.

Kos en klere sal aan inwoners oorhandig word. Om 13:00 gaan hulle ook ‘n vergadering in die Oliver Tambo-saal in Khayelitsha toespreek om na inwoners se behuisingsgriewe te luister.

Fransman het ook ‘n beroep gedoen op die publiek om warm klere, komberse en kosskenkings aan nieregerings- en welsynsorganisasies soos die Rooi Kruis beskikbaar te stel wat weer aan vloedslagoffers gegee sal word.

Sowat 320 000 mense in die Wes-Kaap wag tans op behuising, het Fransman gesê. Na raming migreer 48 000 mense jaarliks na die provinsie uit hoofsaaklik die Oos-Kaap.

Volgens Fransman is daar honderde mense wat in laaggeleë, “hoë-risiko” gebiede bly wat uiteindelik verskuif moet word. “Ons moet seker maak huise word nié hier gebou nie,” het hy gesê.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask