<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Uit: Die Burger , 11 Augustus 2004

MIGRASIE UIT OOS-KAAP NA MOEDERTSAD WORD KRISIS

Carien du Plessis

MTHATHA - Migrasie uit die Oos-Kaap na Kaapstad neem krisisafmetings aan, het die stadsbestuur van die Kaapse stadsraad, dr. Wallace Mgoqi, gesê.

Meer as 20 000 gesinne of gesinshoofde per jaar verlaat die provinsie om werk in die Wes-Kaap te soek, maar daar is nie huise nie en die stadsraad kan omtrent net 11 000 huise per jaar bou. Daar is reeds ‘n agterstand van 42 000 huise in Kaapstad.

Die migrante verlaat die provinsie nie permanent nie.

Mgoqi het gesê baie mense keer in die eerste ses maande van die jaar terug na hul families.

Mnr. Gcobani Maswana, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die migrante keer ook terug as hulle nie werk kry nie of as hulle simptome van vigs begin toon.

Die migrante wat terugkeer, doen dan aansoek om ongeskiktheidstoelaes en steun swaar op die reeds oorlaaide welsynstelsel. Die departement is reeds besig om 78 000 van hierdie aansoeke te hersien, want baie daarvan is vals.

Mgoqi het gesê die Kaapse stadsraad het besef dat ‘n wedersydse probleem bestaan. Verlede week het die stadsraad ‘n ooreenkoms met die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Universiteit van Transkei onderteken om dié migrasie te help beperk.

Volgens die ooreenkoms, wat die eerste in sy soort tussen die twee provinsies is, gaan die drie instansies inligting uitruil, veral oor ekonomiese ontwikkeling, om dienste aan inwoners te verbeter. Planne word reeds beraam om belastingvoordele te gee aan nywerhede in die Mthatha-gebied wat werk aan plaaslike inwoners verskaf.

Mgoqi het gesê die planne sal oor ‘n maand begin vorm aanneem.

Hy het gesê ‘n geweldige potensiaal bestaan vir ontwikkeling, veral in die toerisme-sektor.

(vervolg op bl. 23)

Meer moet gedoen word om die kapasiteit van hierdie plattelandse munisipaliteit te vergroot wat behuising, dienste en werk betref. Alle staatsdepartemente moet inspring om te help.

Maswana het gesê die hoofrede waarom mense migreer, is armoede.

Die Oos-Kaapse regering het geld opsy gesit vir openbare werkskeppingsprogramme waardeur mense vaardighede kan aanleer.

Verder het die provinsiale regering ook ‘n groei-en-ontwikkelingsprogram, waardeur hulle mense wil leer om self te ploeg en kos te plant om selfonderhoudend te wees.

Sowat 1,8 miljoen mense woon in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaap sal nie al hierdie mense kan absorbeer as daadwerklike stappe nie gedoen word om migrasie te verminder nie. “Baie min mense besef die erns van die situasie. Dit is ‘n tydbom,” het Mgoqi gesê.

Die meeste migrante na Kaapstad kom van die Oos-Kaap.

Mgoqi het gesê baie kom van die buurlande en migreer dan heelpad tot in Kaapstad.

Uit: Die Burger , 11 Augustus 2004

2.1 Die Wes-Kaap se inwonertal groei baie vinnig, veral in en om Kaapstad

Aktiwiteit 4:

Om die probleme rondom migrasie te bespreek

[lu 1.6]

a) In berig nommer vier word die hoofrede vir die migrasie genoem. Skryf daardie sin in groot letters hieronder oor.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask