<< Chapter < Page Chapter >> Page >

OPDRAG 4:

  • Voltooi die KOJ en KBJ van die gekombineerde handels- en diensonderneming, Donovan Motors. (Gebruik KOJ 3.1.4 en KBJ 3.1.3):
  • Mnr. D. Daniëls het op 1 Desember 2003 ’n onderneming begin met die naam Donovan Motors. Hy dryf handel in brandstof, olie en bande. Hy verskaf dienste in die vorm van herstelwerk en paneelklopwerk van voertuie.
  • Die onderneming handhaaf ’n winsgrens van 25% op die kosprys.
  • Kontanttransaksies wat in Desember 2003 plaasgevind het.

1 D. Daniëls deponeer sy kapitaalbydrae van R80 000 in ’n lopende bankrekening wat in die onderneming se naam geopen is

Trek ’n tjek vir R300 om die handelslisensie te betaal

Betaal R540 per tjek aan Enlen as huur vir die geboue

Betaal die versekeringspremie van R175 per tjek aan Petru Versekeringsmakelaars

2 Koop materiaal vir R5 625 en handelsware ter waarde van R7 350 van Nissau motorverkope en betaal per tjek 025

Trek ’n tjek vir wisselgeld, R350

3 Koop toerusting van Motoquip Mpy. vir R10 500 en betaal per tjek 026

Koop skryfbehoeftes van Scribble Bpk. vir R352 en betaal per tjek

7 Trek ’n tjek vir die week se lone, R1 280

8 Verkoop goedere vir kontant, R3 000

13 Koop verdere toerusting van Motoquip Mpy. vir R1 125 en betaal per tjek

14 Koop ’n afleweringsvoertuig van Mobiele Motors vir R30 445 en betaal per tjek

Trek ’n tjek om die lone te betaal, R1 745

16 Ontvang verdere skryfbehoeftes van Scribble Bpk. en betaal per tjek R85

17 Kontant ontvang vir dienste gelewer, R5 262

Goedere kontant verkoop, R6 500

20 Koop materiaal van Alfa Motorvoorsieners en betaal per tjek, R1 721

Handelsware van Nissau Motorverkope gekoop en per tjek betaal, R585

21 Trek ’n tjek vir die week se lone, R1 250

22 D. Daniëls (eienaar) trek ’n tjek vir eie gebruik, R250

23 Dienste gelewer in kontant ontvang, R3 558

Goedere kontant verkoop R3 855

24 Koop materiaal vir R1 500 en handelsware vir R3 500 van Tika Voorsieningsmaatskappy en betaal per tjek

28 Trek ’n tjek vir die week se lone, R2 335

30 Trek ’n tjek ten gunste van die bestuurder, H. Hedwig, vir sy salaris R2 950

Trek ’n tjek ten gunste van Telkom vir die eienaar se persoonlike telefoonrekening, R335

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN LUBBE HANDELAARS - MEI 2003 KOJ 3.1.3

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Verkope Koste van verkope
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN DONOVAN MOTORS - DESEMBER 2003 KOJ 3.1.4

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste Verkope Koste van verkope
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN DONOVAN MOTORS - DESEMBER 2003 KBJ 3.1.3

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Handels­voorraad Skryfbe­hoeftes Materiaal­koste Lone
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel;
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid;
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer;
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak;
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask