<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Gebruik die gegewe inligting en toon die inskrywings in die kontantontvangste en die kontantbetalingsjoernaal van Levubu Handelaars. (KOJ 3.1.2 en KBJ 3.1.2 op die hieropvolgende bladsye).
  • Op 1 Julie 2003 het G. Levu die onderneming begin met ’n kapitaalbydrae van R130 000 wat in die lopende bankrekening gedeponeer is.
  • Volgens die tjekteenblaaie is die volgende tjeks gedurende Julie uitgereik.
Datum 2003 Tjekno. Aan wie betaal Waarvoor Bedrag
Julie 2 001 Levubu Bouers Huur R 1 400
Julie 6 002 Wilger Voorsieners Toerusting R 6 000
Julie 8 003 Munisipaliteit Handelslisensie R 150
Julie 12 004 A Z Handelaars Handelsware R 7 800
Julie 15 005 Levubu Motors Afleweringsvoertuig R23 300
Julie 18 006 Telkom Telefoon R 125
Julie 20 007 Noordelike Voorsieners Handelsware R 6 700
Julie 24 008 Waldo Handelaars Skryfbehoeftes R 220
Julie 26 009 A Jansen Salaris R 2 650
Julie 28 010 Levubu Motors Brandstof R 78
Julie 30 011 Munisipaliteit Water en Elektrisiteit R 56
Julie 31 012 Kontant Lone R 1 330

  • Kontantverkope van handelsware

Julie 17 R1 600 (kosprys R1 280)

Julie 24 R3 900 (kosprys R3 120)

Julie 31 R5 400 (kosprys R4 320)

  • In die geval van verkope by ’n handelsonderneming is dit soms nodig om die kosprys te bepaal. Elke onderneming werk op ’n vasgestelde winspersentasie. Dit bepaal dat die spesifieke persentasie wins by die kosprys bygereken word om die verkoopprys te bepaal. Kosprys van verkope word as ’n uitgawe beskou en verminder dus die eienaarsbelang. Indien die verkoopprys, asook die % winsopslag op die kosprys, bekend is, word die volgende formule gebruik om die kosprys te bereken, naamlik: vp = kp + wins

(a) Indien die artikel teen R750 verkoop word en ’n winspersentasie van 25% word gehandhaaf, sal die kosprys soos volg bereken word.

vp = kp + wins

750 = kp + 25% × kp

kp + 25 100 size 12{ { {"25"} over {"100"} } } {} kp = 750

1,25kp = 750

kp = 600

(b) Teen ’n winspersentasie van 33⅓% met ’n verkoopprys van R400 sal die kosprys soos volg bereken word:

vp = kp + wins

kp + 33,3% kp = 400

1,333 kp = 400

kp = 300

OPDRAG 3:

  • Voltooi die KOJ met berekening van kosprys vir Lubbe Handelaars met die volgende inligting. (Gebruik KOJ 3.1.3 op die volgende bladsy):
  • Handelsware word verkoop teen kosprys plus 33⅓%. Sluit die joernale af deur kolomtotale te bereken.
  • Transaksies vir Mei 2003

1 Die eienaar, H. Lubbe, deponeer R80 000 as sy kapitaalbydrae in die lopende bankrekening

13 Kontantverkope van handelsware R 760

24 Kontantverkope van handelsware R 960

28 Kontantverkope van handelsware R1 240

ONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN MZONDI LOODGIETERS – SEPTEMBER 2003 KOJ 3.1.1

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN MZONDI LOODGIETERS – SEPTEMBER 2003 KBJ 3.1.1

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal­koste Skryfbe­hoeftes Toerusting Lone
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN LEVUBU HANDELAARS - JULIE 2003 KOJ 3.1.2

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Verkope Koste van verkope
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KONTANTBETALINGSTEJOERNAAL VAN LEVUBU HANDELAARS - JULIE 2003 KBJ 3.1.2

Dok. Dag Naam vanbegunstigde Fol. Bank Handels-voorraad Skryfbe-hoeftes
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask