<< Chapter < Page Chapter >> Page >

NATUURWETENSKAPPE

Graad 9

ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE

Module 24

HEFBOME

AKTIWITEIT 1:

Om hefbome as meganismes vir energie-oordrag te identifiseer

[LU 2.2; LU 2.3; LU 2.4]

Die werking van al die voorafgenoemde eenvoudige toestelle berus op die beginsel van hefbome.

Alle hefbome het ’n STEUNPUNT, ’n kragaanwendingsarea of MAG en ’n lasarea of LAS.

Simbole hiervoor is:

S = steunpunt

M = mag

L = las

Afhangende van waar die hefboom se steunpunt geleë is, word dit in bepaalde groepe geklassifiseer (ingedeel).

Daar is drie klasse van hefbome.

Hefboomklas 1

Hefboomklas 2

Hefboomklas 3

KLAS 1: Steunpunt in die middel, bv. ‘n wipplank

KLAS 2: Las in die middel bv. ‘n kruiwa met ‘n vrag grond

KLAS 3: Mag in die middle, ‘n besem

Identifiseer elk van die volgende hefbome:

a) Jy tel ’n koeldrankblikkie op en bring dit na jou mond.

b) Jy staan op jou tone.

c) Jy hou ’n visstok met ’n groot vis aan die lyn vas.

d) Jy roei met ’n roeispaan.

Assessering van HEFBOOM klassifikasie

Kon jy kategoriseer?

[LU 2.2; LU 2.3]

AKTIWITEIT 2:

Om meganiese voordeel (energie-oordrag) te kan bereken

[LU 2.4]

Mag x afstand = las x afstand

Jy kan die meganiese voordeel van ’n hefboom uitwerk: die verhouding las / mag gee vir jou hierdie indeks.

Ons noem dit die meganiese voordeel.

1. Hoe sal jy die meganiese voordeel van ’n klas 1-hefboom kan verhoog?

2. Jy het ’n neutekraker met die volgende afmetings:

Om die neut te kraak is 150 N nodig.

a) Watter KRAG of MAG word benodig?

b) Wat is die meganiese voordeel van die neutekraker?

[LU 2.4]

Die Wiel

AKTIWITEIT 3:

Om NAVORSING te doen oor die ontdekking van die WIEL en dit as menslike poging te waardeer

[LU 1.1; LU 1.2; LU 2.1]

Die wiel se ontdekking, meer as vyfduisend jaar gelede, het ’n groot verandering in mense se werkverrigting gebring.

Die wiel is soos ’n hefboom, behalwe dat die beweging ’n rotasie rondom die as is en nie ’n op-en-afbeweging rondom ’n steunpunt nie.

Projek oor die WIEL

Werk in groepe en maak ’n plakkaat om die ontwerp van die wiel, asook sy verskillende gebruike, uit te beeld.

Het die Egiptenare die wiel tot hulle beskikking gehad om die groot piramides te bou?

Wat het hulle gedoen?

Assessering van NAVORSING oor WIEL

Kon jy die ondersoek beplan, uitvoer en evalueer?Kon jy die WAARDE van menslike wetenskaplike pogings INSIEN?

[LU 1.1; LU 1.3; LU 3.1]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ’n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

HEFBOME

Aktiwiteit 1:

a) Klas 3

b) Klas 2

c) Klas 3

d) Klas 1

Aktiwiteit 2:

L.W. Hefbome is in die verlede nie meer deur die leerplan vereis nie, maar dit word in hierdie module gebruik om die oordrag van energie van een liggaam na ’n ander te illustreer.

1. Verklein die magafstand

2. a)

b)

DIE WIEL

Aktiwiteit 3:

Assesseer ooreenkomstig die leeruitkomstes en assesseringstandaarde soos in die module aangedui.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask