<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Verdeel in groepies van vier. Kies ‘n groepleier.

1. Bespreek Renier se probleem.

Vra vir mekaar: waarom is dit vir Renier ‘n probleem? Wat het hy gedoen? Wat het hy versuim om te doen? Hoe voel Renier? Hoe voel Anton? Hoe voel Sarel?

2. Dink aan soveel oplossings as julle kan om Renier se probleem op te los.

Skryf hulle hier kortliks neer:

a) ......................................................................................................................................

b) ......................................................................................................................................

c) ......................................................................................................................................

d) ......................................................................................................................................

e) ......................................................................................................................................

f) ......................................................................................................................................

3. Kies die beste oplossing en besluit wat julle dink Renier behoort te doen.

4. Vertel vir jul klasmaats wat julle besluit het die beste oplossing is vir Renier se probleem.

LU 2.5 LU 4.5 LU 5.3
LU 4.1
  • Kommas word gebruik in die middel van ‘n lang sin. Dit dui ‘n pouse aan, bv.

Al het dit vannag baie gereën, is die damme nog nie vol nie.

  • Kommas word gebruik in plaas van en ............... en ............... te sê, bv.

Ek koop melk, eiers, brood, kaas en tamaties.

  • Kommas word gebruik as ek direk iemand se naam noem, bv.

Pieter, lees jy nou asseblief.

  • Skryf hierdie sinne korrek oor. Gebruik hoofletters, punte, vraagtekens en kommas.

1. gert moes appels piesangs lemoene en druiwe koop

.........................................................................................................................................

2. mag ek asseblief vir sarie ook nooi

.........................................................................................................................................

3. as ek nie môre skool toe gaan nie sal ek nie my rapport kry nie

.........................................................................................................................................

4. anton sarel tom en gert kom vandag speel

.........................................................................................................................................

LU 6.3
  • Woorde wat eindig op -ig, -ige , -ik , en -ike het ‘n i in die laaste lettergreep
  • Lees en luister.

-ig, -ige, -ik, -ike

haastiggiftigrustigstadigysig besigveilig grappiglewendig sonnig haastigegiftigerustigestadigeysigebesigeveiligegrappigelewendigesonnige lelikvrolik heerlikvroulikmoeiliklieflik maklikvriendelikoulik wonderlik lelikevrolikeheerlikevroulikemoeilikelieflikemaklikevriendelikeoulikewonderlike
  • Kies drie woorde uit elke groep en maak jou eie sinne.

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

LU 6.1 LU 6.2

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep;

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke publiseer:

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder werk met woorde:

Assesseringstandaard 6.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met sinne werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask