<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Mnr. Chin was ‘n doeltreffende administrateur. Hy kon maklik ‘n saak waaroor ure gedebatteer is, eenkant toe skuif en sy aandag aan ‘n nuwe saak wy sonder om sake te verwar of af te skeep.

Van probleme en struikelblokke het hy geleenthede en suksesse gemaak. Sy vermoë in hierdie opsig is dramaties bewys toe hy in 1958, na politieke onrus in Thailand, na Hong Kong moes vlug. Hy is as ‘n ekonomiese misdadiger bestempel. Sy pogings om die bank vanuit die buiteland te bestuur, was vrugteloos. Dus het hy besluit om ‘n nuwe lewe te begin. Hy het ‘n florerende handelsaak in rys begin – ‘n besigheid wat vandag nog groei. Ook het hy Bangkok Bank se netwerk oorsee uitgebrei. Die bank het reeds vroeër (in 1954) twee takke in Hong Kong en Tokio geopen. Gedurende sy ballingskap het hy ‘n verdere vier takke geopen – drie in Viëtnam en een in Taipei.

Een van mnr. Chin se belangrikste sukses-eienskappe was sy vermoë om oor die jare besigheidskontakte te ontwikkel en uit te bou. Sulke kontakte met sakemanne en hooggeplaaste regeringsamptenare het dikwels die bereiking van sy besigheidsdoelwitte vergemaklik.

In sy tyd was dit moeilik om terselfdertyd ‘n goeie bankier sowel as ‘n goeie handelaar te wees, maar hy het baie goed gevaar op beide terreine, aangesien hy goeie verhoudings met beide leier-sakemanne en Thai-regeringsamptenare gehad het. Hy het saam met hulle grootgeword en hulle het mekaar goed verstaan.

Hy het hard gewerk en hy het sy werknemers hard laat werk. Vir hom was groei die belangrikste en hy was vasbeslote om die guns te wen van diegene in die bankwese wat van hom ontslae wou raak. Aan die begin kon hy en sy werknemers vir baie maande nie verlof neem nie. Hulle het lang ure gewerk, insluitende Saterdae en Sondae, om in die kliënte se behoeftes te voorsien.

Anders as baie selfgemaakte sakemanne, het mnr. Chin feitlik geen vyande gehad nie. Daar was nie eintlik mense wat nie van hom gehou het nie. Hy het niemand uitgebuit of misbruik nie. Wanneer ander mense hom uitgebuit het, het hy gewoonlik die saak opgelos deur òf te verkoop òf die ander se besigheid uit te koop. Hy het geglo dat as iemand sy vyand was, hy moes wen, maar nie deur die persoon te “verslaan” of seer te maak nie, maar deur te glo dat daardie persoon eintlik sy vriend is.

Dit was mnr. Chin se benadering tot die lewe, besigheid en mense.

Vertaal uit : The Nation, Bangkok, Januarie 1988

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal of ‘n persoon sekere entrepreneurseienskappe het

[LU 4.1]

Openbaar mnr. Chin enige van die eienskappe soos by (b) op p. 2 en 3 vermeld?

JA NEE
1. Soek geleenthede
2. Deursettingsvermoë
3. Toewyding
4. Vereis kwaliteit en effektiwiteit
5. Waag kanse
6. Doelstellings
7. Sistematiese beplanning en kontrole
8. Soek informasie
9. Oortuiging
10. Selfvertroue

4. Watter eienskappe kan maak dat jy ‘n onsuksesvolle entrepreneur is?

Die belangrikste dryfkrag agter enige suksesvolle entrepreneur is sy gesindheid en motivering – daardie innerlike eienskappe wat dikwels nie deur enige vorm van opleiding ingeoefen kan word nie. Onthou, alle entrepreneurs beskik nie oor alle nodige eienskappe nie en goeie eienskappe wat te ver gevoer word, kan, aan die ander kant, ‘n baie negatiewe uitwerking op die bedryf hê. Dit is byvoorbeeld nooit goed om té veel selfvertroue te hê nie. Dit kan lei tot ‘n grootheidswaan wat kan veroorsaak dat die entrepreneur nooit die gevaarligte in sy onderneming raaksien nie.

Hier volg ‘n paar gebreke of leemtes waarvoor enige entrepreneur op die uitkyk moet wees:

Stel onrealistiese eise

Entrepreneurs is dikwels baie haastig om sukses te behaal/geld te maak. Hulle wil hul doelwitte baie vinnig bereik en in die proses onderskat hulle dikwels die tyd en insette wat werklik nodig is om die besigheid te laat slaag.

Hou idees en suksesresepte vir hulself

Hulle wil alles dikwels op eie krag aanpak en versuim om die hulp van ander in te roep. So word daar dan kardinale foute begaan.

Te veel onderbrekings

Omdat entrepreneurs so gretig is om alles te doen, laat hulle dikwels toe dat daar te veel onderbrekings is wat inmeng met die sukses van die besigheid. Byvoorbeeld: Hy of sy wil graag alle telefoonoproepe beantwoord en alle besoekers aan die besigheid self te woord staan sonder enige afsprake.

Werk sonder ‘n plan

Baie entrepreneurs berei ‘n deeglike plan voor vir die begin van hul nuwe besigheid, en daarna kyk hulle nooit weer daarna nie. Hulle voel hulle is slim genoeg om die besigheid volgens instink te bestuur.

Laat na om “huiswerk” te doen

Entrepreneurs is dikwels so haastig om ‘n besigheid te begin of uit te brei dat hulle nalaat om voldoende marknavorsing te doen en vas te stel hoe sterk die kompetisie is. Is daar mense wat hul spesifieke dienste en/of produkte wil koop?

Nie bereid om alles te gee nie

Harde werk en toewyding is ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle besigheid oor die lang termyn. Persoonlike opoffering tot voordeel van die onderneming speel ‘n uiters belangrike rol.

5. ‘n Suksesvolle entrepreneur moet bereid wees om sy moue op te rol:

Ja, as jy sukses wil smaak, moet jy bereid wees om jou besigheid te “eet en te slaap”.

Assessering

LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en –houdings te ontwikkel.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 vergelyk noodsaaklike eienskappe en vaardighede wat nodig is om ‘n entrepreneur te wees uit twee eenvoudige gevallestudies van entrepreneurs in eie gemeenskap.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Ondersoek die eienskappe van ‘n suksesvolle entrepreneur aan die hand van ‘n geskikte voorbeeld en doen dan selfondersoek om eie vaardighede en leemtes te bepaal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask