<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Die suksesvolle entrepreneur

Module 8

Wat is ‘n mark?

“’n Werknemer bevraagteken dit wat reeds

in ‘n onderneming bestaan.”

“’n Entrepreneur bevraagteken die redes waarom

sekere verskynsels nog nie in ‘n onderneming

teenwoordig is nie.”

Wat is ‘n mark?

Produkte en dienste word gekoop en verkoop by ‘n “mark”. Die meeste mense dink aan ‘n mark as ‘n informele inkopie- “sentrum” waar jy vrugte, groente en handgemaakte artikels kan koop. Maar ‘n “mark” is nie noodwendig ‘n vaste plek nie. Wanneer daar kontak of kommunikasie tussen kopers en verkopers is, is daar ‘n mark. Hierdie kontak hoef nie noodwendig tussen twee persone te wees nie. Dit kan deur middel van ‘n telefoon, rekenaar of selfs ‘n koerantadvertensie wees.

Die woord “mark” word ook gebruik om te verwys na ‘n groep kopers. Byvoorbeeld: die mark vir skoolklere is skoolkinders en hul ouers.

1. Verskillende tipes markte

Verbruikers koop goedere en dienste van vervaardigers op die goedere- en dienstemark.

Vervaardigers koop weer die vier faktore van produksie (grond, kapitaal, arbeid en entrepreneursvaardighede) van die faktoremark. Hierdie vier faktore is nodig om goedere en dienste te produseer.

  • BESIGHEDE (vervaardigers)
  • FAKTORE-MARK
  • GOEDERE&DIENSTEMARK
  • HUISHOUDINGS (verbruikers)

Aktiwiteit 1:

Om afleidings te maak oor die interaksie tussen koper en verkoper

[lu 4.1]

2. Bestudeer die volgende voorstelling en:

  1. probeer om ses voorbeelde van kontak tussen koper en verkoper te kry;
  2. kyk of jy enige produkte/dienste kan identifiseer wat op die faktoremark verkoop word.
  3. Hou groepbesprekings oor die verskillende tipes markte waar vervaardigers die vier faktore van vervaardiging sal aankoop.

Assessering

LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en –houdings te ontwikkel.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 vergelyk noodsaaklike eienskappe en vaardighede wat nodig is om ‘n entrepreneur te wees uit twee eenvoudige gevallestudies van entrepreneurs in eie gemeenskap.

Memorandum

Maak kennis met die twee hooftipes markte en plaas die konsepte binne die regte perspektief met behulp van toepaslike voorbeelde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask