<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit beteken dat ’n essay/skets ’n kort stukkie prosa is, maar nie ’n storie vertel nie. Belangrik by ’n essay/skets is die knap en fyn taalgebruik vir die oordra van gewaarwording/effek. Sommige sketse/essays is byna in dieselfde sterk beeldende taal as ’n gedig geskryf, dus baie “mooier” (meer poëties) as wat ’n mens normaalweg sal skrywe.

Enkele voorbeelde uit die fragment is die volgende:

  • Jy skil die vlamrooi hout in papierdun stroke af
  • Jy saag ritmies al op die merklyn langs, vorentoe en terug, vorentoe en terug.
  • ... terwyl die soetbruin saagsels inreën na jou toe, en wegreën, en inreën na jou toe, en weg.

1. Skryf hierdie drie sinne in gewone Afrikaans oor.

2. In hierdie gedeelte uit die langer skets beskryf die skrywer hoe om ’n stoel te maak.

2.1 Skryf die dele neer waarin hy beskryf hoe jy ’n stoel maak.

2.2 Verander nou hierdie sinne in instruksies soos wat jy vir iemand sal verduidelik hoe om ’n stoel te maak.

2.3 Deur gebruik te maak van een of twee voorbeelde uit 2.1 en 2.2, dui aan hoe die taal van die skets meer poëties is as die taal waarin jy instruksies gee.

LU 3.6 LU 3.7

Aktiwiteit 4

Om ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes te lewer

  • Jy ontwerp ’n musiekinstrument deur van weggooigoed of onkonvensionele materiaal gebruik te maak.

1. Verduidelik stap vir stap hoe jy die instrument gemaak het (skryf dit neer).

2. Teken die ontwerp daarvan (om die tegniese aspekte uiteen te sit).

3. Maak ’n pamflet met relevante maar bondige bewoording waarin jy die nuwe instrument bekendstel en adverteer.

HIERDIE OEFENING MOET OP APARTE VELLE GEDOEN WORD EN DAN INGEVOEG WORD. DIT KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD.

LU 4.2

Aktiwiteit 5

Om basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir ’n tekssoort te toon

Skryf ’n kort gediggie oor jou nuwe instrument. Probeer om eenvoudige beeldspraak te gebruik.

LU 4.1

Aktiwiteit 6

Om taal te gebruik om te ondersoek, inligting te verwerk en kreatief te dink

Navorsingsprojek

  • Werk in groepe aan die volgende projek:

Uit die leesstukke in hierdie module is dit duidelik dat ’n mens met redelik min moeite tog die omgewing kan help koester en bewaar eerder as om net nog afval en rommel by te voeg. Ons het gelees dat jy selfs kuns kan skep uit afval en rommel.

1. Gaan bepaal in jou omgewing watter probleem daar bestaan met afval en rommel wat mense soms skep.

2. Beplan saam in die groep wat gedoen kan word dat hierdie een produk nie meer ’n probleem is nie. Gaan besluit saam oor ’n oplossing, iets waarvoor hierdie produk gebruik kan word sodat dit op ’n ander manier tot sy reg kan kom (die studente van die Ruth Prowse Kollege het bv. papier herwin en daarvan kunswerke gemaak).

3. Beplan hoe jy hierdie oplossing gaan gebruik om werk vir mense te skep. Skryf jou konsepweergawe neer.

4. Op die ou end moet jy die produk bemark. Dit beteken dat jy mense moet gaan oortuig om die produk te koop. Daarvoor moet jy met iemand by ’n afsetpunt gaan gesels. Skryf kort aantekeninge neer ter voorbereiding (bv. wat jy die persoon gaan vra).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask