<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 4

Skep ‘n advertensie of promosieveldtog

DANS/ BEWEGING

Die dans kan die visuele kuns, musiek en drama komplementeer deur die skep van ‘n advertensie of promosieveldtog van ‘n produk.

Gebruik musiek begeleiding wat in die musiekklas verken is.

Opwarming

  • Opwarming behoort toenemend en gereeld gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van beserings te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid te ontwikkel. Bewegingskombinasies en bewegingssekwense behoort deel te wees van opwarmingsoefeninge.
  • Volg die opvoeder se leiding wanneer ‘n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou herhaling van sekwense en korrekte plasing van die liggaam is ten alle tye van belang om die liggaam te kondisioneer, soepel te maak en vaardighede te ontwikkel.
  • Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en sekwense te skep wat ontwerpelemente vir choreografie sal insluit soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig, sal insluit.
  • Dansopwarming en -oefeninge wat gereeld en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei en versterk vir jou gunsteling sportsoort.

Kontakimprovisasie

  • Staan teenoor mekaar. Plaas hande voor borskas met oop palms na die ander persoon.
  • Val gelyktydig na mekaar toe en vang mekaar oophand.
  • Maak enige spontane geluid (bv. “oooo” of “aaaa”) gedurende die valbeweging.
  • Sit rug aan rug en leun beurtelings op mekaar. Die een ondersteun die ander.
  • Die gewigsverplasing moet egalig plaasvind.

Refleksie

  1. Hoe het dit gevoel om vorentoe te val?
  1. Het jy die ander persoon vertrou? Hoekom? Hoekom nie?
  1. Wat is vertroue?
  1. Vir wie vertrou jy die meeste?

Aktiwiteit 1

Riglyne vir ‘n eie komposisie/choreografie

Volg die aanbieder se leiding met die skep van ‘n komposisie.

Hardloop enige plek binne die ruimte – sonder om te bots en wanneer aanbieder op die tamboer of slaginstrument slaan, VRIES! Vorm dan die eerste alfabetiese letter van jou voornaam met jou liggaam.

Herhaal en volg aanbieder se opdragte met ‘n verskeidenheid lokomotoriese bewegings en toevoegings, bv.

  • Verander van rigting op die tamboerslag.
  • Vries en vorm die volgende letter van jou naam.
  • Op elke daaropvolgende tamboerslag vorm jy ‘n letter van jou naam.
  • Kies nou enige vier verskillende letters uit jou naam en skep ‘n vorm vir elke letter.
  • Skakel die vier vorms met mekaar deur die gebruik van enige lokomotoriese bewegings, bv. gly, draai, rol, bokspring, ens.
  • Herhaal verskeie kere.
  • Oefen die sekwensie en voeg ‘n verskeidenheid van vlakke en rigtings by bv. hoog, laag, middel, vorentoe, sywaarts, ens.
  • Herhaal totdat die vorms en bewegings van die een na die ander vloei.
  • Voeg nou verskillende ritmes of tempo by die sekwensie, bv. vinnig, stadig, vloeiend, staccato, ens.
  • Oefen die bewegings goed.

Werk in duo’s of trio’s en skep nou julle eie choreografie om ‘n nuwe produk – wat julle in die visuele kuns ontwerp het – bekend te stel deur middel van ‘n TV-advertensie of promosieveldtog.

  • Aandag moet gegee word aan die gebruik van ruimte. ‘n Sterk begin, middel en einde is noodsaaklik.
  • Julle kan julle eie musiekbegeleiding kies.

Die aanbieder sal julle ondersteun en monitor deur op te tree as fasiliteerder en toe te sien dat julle binne konteks die taak aanpak .

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
Bewegingsekwense en ‘n verskeidenheid van vorms uit te voer
Met selfvertroue en verbeelding die produk bemark
Eie danssekwensie te skep met ‘n duidelike begin, middel en einde
LU 3.5

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENtov 3.1-3.4 hieronder, die volgende toon:
3.1 sensitiwiteit t.o.v. ander se musiekkeuses, kunsvoorkeure, ens;
3.2 bereid is om nuwe kulturele idees te verken en stereotipes te heroorweeg;
3.3 eie, groep en veranderende identiteite erken;
3.4 die vermoë toon om eie bydraes in enige kunsvorm uit te druk.
3.8 VISUELE KUNS
  • die invloed van die massamedia op die gemeenskap begryp.
3.7 MUSIEK
  • spesifieke elemente van musiek in advertensies en populêre musiek kan identifiseer en vertolk.
3.6 DRAMA
  • verantwoordelikhede binne groepverband kan deel.
3.5 DANS
  • dansmaat-vaardighede en danssekwense toon om kontrasterende en komplementerende vorms te skep, asook die vermoë toon om die gewig te kontrabalanseer met ‘n maat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask