<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Uitdrukking en kommunikasie

Module 5

Die invloed van tegnologie op die verspreiding van musiek

MUSIEK

Aktiwiteit 1

Om te kan verduidelik hoe tegnologie musiek t.o.v. verspreiding beïnvloed het?

[lu 4.3]

  • Stel die volgende prentjie aan jouself voor terwyl jy na Eine Kleine Nachtmusik luister: Dit is die 18de eeu in Europa. Die wonderkind, Mozart (13), se musiek maak opslae. Hy komponeer musiek en tree self ook op. Sou jy na sy musiek kon luister? Indien wel, hoe sou dit moontlik wees?
  • Vergelyk dit met vandag. Noem die tegnologiese uitvindings wat dit moontlik maak om vandag na enige musiek te luister.

Hoe is musiek sedert die begin van die 20ste eeu versprei?

  • Bladmusiek
  • Langspeelplaat
  • kassetbandjie
  • Video
  • MP 3
  • Solus Sewe
  • CD

Hoe het tegnologie musiek t.o.v. instrumente beïnvloed?

  • Sedert die ontstaan van die heel eerste musiekinstrument, is daar ‘n belangrike skakel tussen musiek en tegnologie. Luister na die volgende drie gedeeltes om die verskil in klank te ervaar:
  • Klavesimbel-musiek uit die 17de eeu (Barokperiode) van JS BACH
  • Klavier-musiek van F CHOPIN

Die klavier ontwikkel uit die klavesimbel en bereik sy hoogtepunt in die Romantiese periode (1800 -1900). Een van die belangrikste tegnologiese ontwikkelinge t.o.v. die klavier is dat die instrument crescendo en diminuendo kan produseer (geleidelik harder en sagter), asook die ontwikkeling van die pedaal wat dit moontlik maak om klanke te verbind.

  • Poème Électronique van Edgar Varèse

Sedert 1950 is dit elektroniese instrumente, veral instrumente met versterkte klank soos bv. die elektriese ghitaar en elektriese klavier wat op die voorgrond tree. Met die ontwikkeling van elektroniese- en rekenaartegnologie, stel dit die komponis in staat om beide komponis, sowel as uitvoerder te wees. Opnames word gemaak in studio's wat toegerus is met o.a. bandmasjiene, sintetiseerders, rekenaars en toestelle om klank te meng en te filtreer. Dit stel die komponis in staat om ’n geweldige breë spektrum van klank te ontgin.

  • Kan jy die volgende herken?

Klokke

Sirenes

Stilte

Masjiengeluide

Stemme

Dieregeluide

Elektroniese klanke

Aktiwiteit 2 (groep)

Om die volgende aanhaling te kan debatteer

  • Een van die mees eksperimentele klassieke komponiste van die 20 ste eeu is gewis John Cage. Sy bekendste (of is dit dalk befaamste?) komposisie is 4’ 33” . (1952).

Kom ons voer hierdie werk uit!

  • Een leerder hanteer die bandmasjien.
  • Een leerder neem die tyd op – die opname moet presies 4’33” wees.
  • Een leerder gaan stelling inneem voor ‘n instrument (byvoorbeeld 'n klavier) sonder om te speel! Die persoon is die uitvoerder.
  • Die res van die klas is die gehoor wat luister!
  • Die onderwyseres is die dirigent en dui aan presies wanneer die opname begin en eindig.

Goed: 1.....2......3......begin!

1 sekonde, 2 sekondes ............................................................................ ............................................4 minute 30 sekondes, 4 minute 31 sekondes,4minute 32 sekondes, 4minute 33 sekondes STOP!

Luister nou na die opname!

Geen musiek? Slegs geluide!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask