<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
GESYFERDHEID
‘n Leerprogram vir Graad R
Module 2
SYFERFORMASIE
OPVOEDERS AFDELING
Memorandum
VIR DIE OPVOEDER
Hierdie program se aktiwiteite is ontwerp in ooreenstemming met die vereistes van uitkomsgebaseerde onderwys. Dit voorsien dus aan leerders geleenthede om hulle volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle aktiewe, verantwoordelike, vervulde burgers kan word in ‘n demokratiese, nie-rassistiese en gelyke gemeenskap. Graad R vorm die brug tussen die leerder se voorskoolse ervarings en die formele skoolstelsel. Graad R-opvoeders benut leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde om in hulle leerders se besondere behoeftes te voorsien. Aan die hand daarvan beplan hulle dan leergeleenthede en –aktiwiteite waardeur die leerders hierdie uitkomste bereik.
Die aktiwiteite in hierdie program is
Die program is verdeel in vyf modules . Die tempo waarteen die leerders die eerste vier modules voltooi, word deur die opvoeder bepaal. Die vyfde module is ‘n verrykingsmodule wat na goeddunke deur die opvoeder benut kan word, maar is nie geskik vir alle leerders nie. Elke module sluit alle areas van ontwikkeling in en toon ‘n toenemende moeilikheidsgraad (dus, van maklik na moeilik).
Op elke werkblad word die leerarea in die blokkie linksbo aangedui, terwyl die voorvereistes vir dink en leer in die regterkantse blokkie aangedui word. Onderaan die werksblad is spesifieke vrae vir oorbrugging en assessering.
Die assesseringstandaarde wat betrekking het op die leerinhoud van elke module, word saam met die betrokke leeruitkomste in die moduleraamwerk van elke module aangedui, asook aan die begin van elke leereenheid. Sodoende kan nie net die opvoeder nie, maar ook die leerder en sy / haar ouerskennis neem volgens watter standaarde die leerder deurlopend geassesseer word. Elke aktiwiteit en opdrag in ‘n leereenheid kan geassesseer word. Die gemiddelde punt van die aktiwiteite wat betrekking het op elke leeruitkomste, word dan aangedui in die assesseringsruit wat die leerder se bekwaamheidsprofiel aandui aan die einde van elke leereenheid.
Assessering word volgens ‘n 4-puntskaal gedoen , naamlik
1: voldoen nie aan die vereistes nie;
2: voldoen gedeeltelik aan die vereistes;
3: voldoen aan die vereistes;
4: oorskry die vereistes.
Bo-aan elke werkblad is ‘n assesseringsblokkie wat die leerarea aandui, asook die leeruitkomste (sien voorbeeld bo-aan die volgende bladsy). Dit beteken dat die aktiwiteit na aanleiding van die betrokke leeruitkoms geassesseer moet word. Die opvoeder assesseer die leerder se respons en merk dit op die 4-puntskaal af.
Voorbeeld
Gesyferdheid: LU 1
Aan die einde van elke module is ‘n assesseringsblad waarop ‘n assesseringsruit vir elk van die 3 leerareas verskyn, naamlik Geletterdheid, Wiskunde en Lewensvaardighede. Die opvoeder neem die resultate in die voorafgaande assesseringsblokkies in ag en poog dus om die leerder se gemiddelde prestasie oor die langer tydperk aan te dui op die assesseringsruit. Op hierdie wyse word verseker dat die opvoeder se assessering verantwoordbaar is.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Graad r 'n leerprogram' conversation and receive update notifications?