<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Voorbeeld: Marli sê: “Ek hou van my onderwyser.” Marli sê dat sy van haar onderwyser hou . John het gesê: “Ons gaan almal na die partytjie.” John het gesê dat hulle almal na die partytjie gaan .

Indirekte rede:

Geen aanhalingstekens nie.Geen dubbelpunte nie.Let op die woordorde wat verander.

LU 6.2

Aktiwiteit 4

  • Die onderstaande uitdrukkings het met familiesake of huissake te make. Kies elke keer uit kolom B ’n beskrywing wat by die uitdrukking in kolom A pas en verbind die twee.
KOLOM A KOLOM B
Bloed is dikker as water. Verleë terugkeer
Baantjies vir boeties Besittings/geld waarvoor ’n mens nie self gewerk het nie, verloor jy maklik.
Huis se kant toe staan. Vir jou familie sal jy altyd meer doen as vir ander.
Die appel val nie ver van die boom af nie. Ver langs familie.
Elke huis het sy kruis. Dis ’n eienskap wat ’n mens in die familie kry.(Bv. rooi hare)
Erfgeld is swerfgeld. Die kind aard na sy pa/ma.
Familie van Adam se kant af. Poste vir familie verskaf.
Met ’n blik aan sy stert huis toe kom. Huis toe gaan.
Dit is in die familie. Elke huis het sy eie hartseer/probleme.
LU 6

Aktiwiteit 5

  • KIES NOU ENIGE UITDRUKKING EN SKRYF ’N VERHAAL. (Maak seker dat julle verstaan wat met die uitdrukking bedoel word. Julle kan ’n gebeurtenis in jul eie familie beskryf of oor iets skryf wat in ’n ander familie gebeur het. Julle kan selfs jul verbeelding gebruik.)

Jou opstel moet uit 250 tot 300 woorde bestaan.

LU 4.7

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 aandagtig luister tydens ’n bespreking.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 interaksie voer in addisionele taal;
2.3 ontwikkeling toon in die vermoë om kenmerke van die gesproke taal te gebruik en te kommunikeer;
2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie- en nie-fiksieverhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.7 vir genot lees;
3.8 sommige elemente van die poësie verstaan.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.4 skeppend skryf;
4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture, gebruik.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

Matriks vir funksionele skryf kan hier gebruik word.

AKTIWITEIT 3

Indirekte rede:

  • Jane sê dat haar ouers haar vriende blameer as sy iets verkeerd doen.
  • Morné sê sy ma sê dat sy sport (skaatsplankry) te gevaarlik is.
  • James sê dat sy pa elke dag oor die telefoonrekening kla.
  • Ricus sê as hy soos sy pa moet aantrek en na sy musiek moet luister, sal al sy vriende dink dat hy ‘weird’ is.
  • Mari sê dat haar ouers dit nie wil aanvaar dat sy nie universiteit tot wil gaan nie.

AKTIWITEIT 4

KOLOM A KOLOM B
Bloed is dikker as water. Vir jou familie sal jy altyd meer doen as vir ander.
Baantjies vir boeties Poste vir familie verskaf.
Huis se kant toe staan. Huis toe gaan.
Die appel val nie ver van die boom af nie. Die kind aard na sy pa/ma.
Elke huis het sy kruis. Elke huis het sy eie hartseer/probleme.
Erfgeld is swerfgeld. Besittings/geld waarvoor ‘n mens nie self gewerk het nie, verloor jy maklik.
Familie van Adam se kant af. Ver langs familie.
Met ‘n blik aan sy stert huis toe kom. Verleë terugkeer
Dit is in die familie. Dis ‘n eienskap wat ‘n mens in die familie kry.(Bv. rooi hare)

AKTIWITEIT 5

Die matriks vir opstelle (kreatiewe skryfwerk) mag hier gebruik word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask