<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 2

Gesprek in dialoogvorm

Aktiwiteit 1

  • Elkeen van die onderstaande tieners het ’n probleem. Lees wat elkeen sê en beantwoord dan die daaropvolgende vrae:

JAMES

My pa kla elke dag oor die telefoonrekening!

JANE

My ouers blameer my vriende as ek iets verkeerd doen.

RICUS

As ek soos my pa moet aantrek en na sy musiek moet luister, sal al my vriende dink ek is “weird”.

MARI

Ek wil nie universiteit toe gaan nie en my ouers kan die nie aanvaar nie.

MORNÉ

My ma kerm gedurig dat my sport té gevaarlik is.

  • Kies enige twee karakters en werk aan ’n gesprek tussen dié twee. Daarna moet julle dit dramatiseer.

OF

  • Beeld die gesprek tussen een van die tieners en een van hul ouers uit.
  • (Ongeveer 150 - 180 woorde)
  • Pare kan die gesprek voor die klas dramatiseer.

WENKE:

  • Beplan die gesprek goed.
  • Besluit vooraf wie die rolle gaan vertolk.
  • Let op jou stemgebruik.
  • Onthou dat jy ’n karakter vertolk.
  • Maak gebruik van liggaamstaal om emosies uit te beeld.
  • Die taalgebruik en woordeskat moet by die karakters pas.
  • Formele kostuums en dekor is nie werklik nodig nie.
  • Dit sal egter in jou guns tel indien elke karakter ten minste een klein item (bv. ’n doek, serp, bril, hoëhakskoene, telefoon, rooi lipstiffie, oorbelle, snor, ens.) kan saambring om die spesifieke karakter meer kleur te gee.
LU 2.2

Aktiwiteit 2

  • Jy en jou maat moet nou dieselfde gesprek in DIALOOGVORM skryf. Bestudeer die onderstaande voorbeeld van ’n DIALOOG voordat jy begin. (Jou skryfstuk moet ongeveer 150 tot 180 woorde hê.)

Die volgende gesprek vind Saterdagaand ongeveer sesuur tussen twee vriende, Mario en Janet, plaas. Hulle is in ’n groot winkelsentrum.

Janet: Hallo, Mario.

Mario: (Verbaas) Hallo, Janet. Lekker om jou hier raak te loop. Hoe gaan dit?

Janet: Goed. Het jy die film geniet?

Mario: Ja, ek het dit geniet. Dit wat een van die mooiste films wat ek al ooit gesien het.

Janet: (tergend) Ek het nie geweet jy is so romanties nie.

Mario: (Verskonend) Ja, ek het eintlik gehoor dat dit ’n geskiedkundige fliek is. Ek het nie besef dat daar so baie romantiek sou wees nie. Maar dit was nogtans mooi.Het jy dit ook goed gevind?

Janet: Man, dit was bietjie hartseer, maar ek het dit tog geniet.En Richard Gere is natuurlik so oulik!

Mario: Al kritiek wat ek het, is dat dit ’n bietjie lank aangehou het.

Janet: Vir my het dit nie saak gemaak nie. Die tyd het gevlieg!

Mario: (Begin aanstap)Dit was lekker om jou hier raak te loop. Verskoon my, asseblief. My vriende wag. Mooi aand verder!

Janet: Tot siens. Sien jou Maandag by die skool !

LU 4.4

Aktiwiteit 3

  • Lees weer die direkte woorde van die tieners by aktiwiteit 8 en skryf dan hul woorde in die INDIREKTE REDE. Met ander woorde, jy gaan oorvertel wat hulle gesê het.

HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE:

  • Wanneer ons oorvertel, gebruik ons die voegwoord, DAT en die werkwoord van die tweede deel van die sin, beweeg na die einde van die sin.
  • Sekere woorde verander ook. Hier volg ’n paar voorbeelde:
  • Ek  sy/hy
  • Ons  hulle
  • Hier  daar
  • Hierdie  daardie
  • Vandag  daardie dag
  • Gister  die vorige dag
  • More  die volgende dag
  • Nou  toe

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask