<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aangesien die Suid-Afrikaanse rand ons binnelandse (of tuis) geldeenheid is, noem ons die ZAR/USD koers 'n “direkte" koers, en ons noem die USD/ZAR koers 'n “indirekte" koers.

In die algemeen kan gesê word: 'n direkte koers is 'n wisselkoers waar die eenheid van die binnelandse geldeenheid uitgedruk word per eenheid van die buitelandse geldeenheid, as volg: Binnelandse Geldeenheid Buitelandse Geldeenheid

Die rand wisselkoerse wat ons op die nuus sien, is gewoonlik uitgedruk as direkte koerse. Jy sal byvoorbeeld sien:

Voorbeelde van wisselkoerse
Geldeenheid Afkorting Wisselkoers
1 USD R6,9556
1 GBP R13,6628
1 EUR R9,1954

Die wisselkoers is die prys van elkeen van die buitelandse geldeenhede (USD, GBP en EUR) in terme van ons binnelandse geldeenheid, die rand.

'n Indirekte wisselkoers is 'n wisselkoers waar die eenheid van die buitelandse geldeenheid uitgedruk word in terme van eenhede van die binnelandse geldeenheid, dus Buitelandse Geldeenheid Binnelandse Geldeenheid .

Die omskrywing van wisselkoerse as direk of indirek hang af van watter geldeenheid die binnelandse geldeenheid is. Die binnelandse geldeenheid vir 'n Amerikaanse belegger sal dollars (USD) wees - wat vir die Suid-Afrikaanse belegger 'n buitelandse geldeenheid is. Dus direkte koerse, vanuit die oogpunt van die Amerikaanse belegger (USD/ZAR), is dieselfde as die indirekte koers uit die oogpunt van die Suid-Afrikaanse belegger.

Terminologie

Aangesien wisselkoerse eintlik die prys van geld is, beteken 'n verandering in wisselkoers dat die prys of die waarde van die geldeenheid verander het. Die prys van petrol verander gedurig, so ook die prys van goud en geldeenhede se prys beweeg ook gedurig op en af.

Wat beteken dit as die rand wisselkoers verander van bv. R6,71 per USD na R6,50 per USD? Wel, dit beteken dat $1 nou slegs R6,50 sal kos in plaas van R6,71. Die dollar is nou goedkoper om te koop, en ons kan sê die dollar het depresieer (of verswak) teenoor die rand. Of ons kan sê dat die rand appresieer (of verstewig) het teenoor die dollar.

Gestel ons kyk na indirekte wisselkoerse en die wisselkoers verander van $0,149 per ZAR (= 1 6 , 71 ) na $0,1538 per ZAR (= 1 6 , 50 ).

Nou kan ons sien dat die R1,00 wat aan die begin $0,149 gekos het, aan die einde $0,1538 kos. Die rand het duurder geword (in terme van dollar), en weer kan ons sê dat die rand appresieer het.

Ons sal tot dieselfde gevolgtrekking kom, ongeag watter wisselkoers gebruik word.

In die algemeen:

  • Direkte wisselkoerse: die binnelandse geldeenheid sal appresieer (depresieer) as die wisselkoers daal (styg)
  • Indirekte wisselkoerse: die binnelandse geldeenheid sal appresieeer (depresieer) as die wisselkoers styg (daal)

Soos met alles in hierdie hoofstuk is dit belangrik om nie hierdie formules te probeer memoriseer nie - dit gaan net lei tot verwarring. Dink oor wat jy het en wat jy wil hê - en dit behoort heel duidelik te wees hoe om die regte antwoord te kry.

Bespreking: buitelandse wisselkoerse

Bespreek in groepies van 5:

  1. Wat moet ons weet van wisselkoerse?
  2. Wat gebeur as een land se geldeenheid drasties in waarde verminder teenoor 'n ander land se geldeenheid?
  3. Wanneer sal jy wisselkoerse gebruik?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask