<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 19

Teikenspeletjies

(Sommige van hierdie speletjies is verwerk uit die boek: Die onderrig van Liggaamlike Opvoeding deur Harry McEwan, Maskew Miller Longman, 1989).

Aktiwiteit 1:

Om teikenspeletjies te speel

[lu 4.1]

Tweebaan-teikenbal

Materiaal: Bordkryt, twee teikenpale of bakens, kleurbande vir helfte van die klas.

Die opvoeder trek twee halfsirkels met elk ‘n deursnee van 3,6 meter voor en agter in die skoolsaal. ‘n Teikenpaal word in die middel van elke sirkel geplaas. ‘n Streep word nou getrek van die een na die ander teiken.

Leerders word in twee gelyke spanne verdeel. Span A dra elkeen ‘n kleurband.

Die spanne word nou in twee verdeel sodat pare gevorm word met een lid uit Span A en een uit Span B langs mekaar.

Die twee gelyke groepe neem elk hulle posisie in die toegekende baan in. Geen speler mag in die sirkels kom nie.

Die bal word nou heen en weer tussen die spanne gegooi en elke groep probeer die ander se teikenpaal raak te gooi om so ‘n punt aan te teken.

Wanneer ‘n doelpunt aangeteken is, gooi die opvoeder die bal tussen twee spelers van teenoorstaande spanne in die lug op, en die spel hervat.

Die span met die meeste punte is die wenners.

Driebaankoestertjie

Materiaal: Bordkryt, ‘n groterige bal (bv. ‘n sokkerbal), ‘n stophorlosie of ‘n wekker .

Die saal word in drie gelyke bane verdeel en met bordkryt gemerk. Merk die bane 1, 2, 3.

Die opvoeder verdeel die klas in drie gelyke spanne (ABC) en aan elke span word ‘n baan toegeken.

Span A en C probeer Span B (in die middel) se spelers met die bal raakgooi.

Span B probeer uit die pad van die bal bly.

Elke keer wanneer ‘n Span B-speler getref word, kry die betrokke span een punt.

Na ‘n vasgestelde tyd ruil die spanne sodat elke span ‘n kans kry om die middelste teikenspan te wees.

Die span teen wie die minste punte aan die einde van die spel toegeken is, is die wenner.

L.W. Geen speler mag buite sy baan beweeg nie.

Kringkoesterjie

Die spel word presies soos baankoesterjie gespeel, met die verskil dat die gooi-spanne in ‘n wye kring rondom die teikenspan in die middel van die kring staan.

Uitvoer van ‘n reeks bewegings wat noukeurigheid en kontrole bevorder.

  1. Tonnel-aflos

Materiaal: Een groterige bal per span en ‘n fluitjie vir die opvoeder.

Die klas word in spanne van vyf tot tien lede verdeel.

Die spanne sit ongeveer een meter uitmekaar in ‘n lang ry. (Begin met die spanne teen die agterste muur van die saal, sodat daar ruimte is aan die voorkant van die ry.)

Die voorste spanlid (leier) hou ‘n bal vas.

Wanneer die opvoeder op die fluitjie blaas, spring die span op en neem ‘n gehurkte posisie in.

Die bal word tussen die spanlede se bene deur na agtertoe gerol.

Sodra die bal deur ‘n spanlid se bene beweeg het , lê hy/sy oorkruis plat op die maag.

Die laaste spanlid in die ry stop die bal en “blok” dit teen die saalmuur agter hom .

Nou hardloop hy met die bal en spring telkens oor die “mensbrug” wat sy spanlede vorm en gaan sit aan die voorpunt van die ry.

Die proses herhaal totdat die oorspronklike leier weer voor sit.

  1. Stoktoertjies

Materiaal: ‘n stok een meter lank per leerder. (Leerders is verant-woordelik vir hulle eie stokke.)

In hierdie aktiwiteit werk elke leerder op sy eie.

Leerders word vroegtydig gevra om elk ‘n stok van een meter skool toe te bring.

(Leerders kan ook aangemoedig word om die stokke mooi glad te maak en te versier.)

Leerders kry vyf minute om ‘n reeks bewegings, waarin die stok gebruik word, uit te werk.

Na vyf minute kry elke leerder kans om sy reeks aan sy klasmaats te demonstreer. (Die opvoeder kan punte uit tien aan die leerder toeken met die oog op assessering).

Die klas stem vir die drie beste stoktoertjies.

Die wenners leer vir die ander leerders hulle toertjie-reeks aan.

Die drie reekse word nou in opeenvolging aangebied met die hele klas wat dit gelyktydig uitvoer.

Assessering

LU 4

L IGGAAMLIKE O NTWIKKELING EN B EWEGING

Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 ’n verskeidenheid teikenspeletjies ondersoek;

4.3 ’n verskeidenheid veld- en baanatletiektegnieke toon;

4.4 ritmiese bewegings en stappe met aandag aan liggaamshouding en -styl uitvoer;

4.5 kennis van veiligheidsmaatreëls in en naby water toon.

Memorandum

Die leerinhoud gee die leerders kans om spelenderwys belangrike konsepte van sportmangees, sportreëls, noukeurigheid en balans te bevorder. Dit is belangrik dat daar streng by die reëls van elke spel of aktiwiteit gehou word. Die opvoeder se hantering van die reëls en dissipline sal bepaal hoeveel sukses met die onderrig aan die hand van die leerinhoud in hierdie module behaal word. Die speletjies bied die geleentheid om goeie spangees en esprit de corps in die graad op te bou. Die geleentheid word ook gegee om voor te berei vir die skool se atletiekbyeenkoms met oefening vir aflos, hekkies, verspring en driesprong.

Die belangrikheid van die veiligheidsmaatreëls rondom die swembad, by die see of by die beoefening van watersport kan nie genoeg beklemtoon word nie. Statistieke toon ‘n skokkend hoë mortaliteitsyfer by kinders tot 14 jaar rondom waterbronne

Questions & Answers

Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Organ Systems Of The Human Body (Continued) Organ Systems Of The Human Body (Continued)
Theophilus Reply
what's lochia albra
Kizito
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask