<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 4

Poësie

MINI-DINOSAURUS DIER

My klein kameleon,

my mini-dinosaurus dier,

jy dra die mooiste kleure op jou vel

jou lyfie is ‘n prentjie

van bont geskenkpapier.

Ek sien jou twee-toon kloutjies klim

tot in die hoogste takke in

daar waar jy op jou eentjie

jou diertjie-liedjie sing:

“My drakielyfie is ‘n kleurestreep,

daar’s knoppies op my rug;

ek het ‘n skerp gevreetjie met ‘n lang, dun tong

en ‘n wielie-walie stert.”

Trap suutjies klein bont monster,

jy maak ons maklik skrik.

jy lyk ‘n bietjie soos ‘n baba-likkewaan,

‘n grillerige hartedief;

maar met jou ronde oumens-ogies

en ‘n bekkie wat so honger hap,

kry elkeen wat jou optel

en aan jou skurwe lyfie vat

dié mini-dinosaurusdier

vir altyd lief!

Zandra Bezuidenhout

Opdrag 1:

Om ‘n mondelinge gesprek te voer

[lu 2.1, 2.5]

Mondelinge gesprekke

Elkeen kry ‘n beurt om oor een van die volgende vrae te praat:

  1. Hoekom is die verkleurmannetjie vir party mense grillerig?
  2. Hoekom laat hy ons aan ‘n dinosaurussie dink?
  3. Is ‘n verkleurmannetjie ‘n troeteldier?Hoekom / hoekom nie?
  4. Verduidelik hoe die verkleurmannetjie sy kos vang.
  5. Wat eet verkleurmannetjies?
  6. Wanneer en waarom verkleur hierdie diertjie?
  7. Hoe beweeg ‘n verkleurmannetjie? Demonstreer aan die klas.

Opdrag 2:

Om ‘n storie te skryf

[lu 4.1.2]

Skriftelike opdragte

  1. Bring boeke oor verkleurmannetjies saam klas toe. Gesels en skryf ‘n storie.

Teken of verf

  1. Teken of verf die mooiste verkleurmannetjie by die huis.

Bring jul prente klas toe en maak ‘n groot collage daarvan.

Opdrag 3:

Om vrae te beantwoord oor die inhoud van ‘n gedig

[lu 1.2.2, 3.2, 5.1.4, 6.1.5]

Beantwoord die volgende vrae:

  1. Wat word deur die gedig beskryf?
  1. Skryf ‘n sinoniem neer vir kameleon.
  1. Waarmee word die diertjie se veelkleurige lyf vergelyk?
  1. Wat word in die liedjie beskryf wat die diertjie sing?
  1. Met watter ander monsteragtige dier vergelyk hy homself in die liedjie?
  1. Die digter sê:”Trap suutjies klein bont monster.”

Nog ‘n naam vir die diertjie verskyn in die reël. Wat is dit?

  1. Hoe beskryf die digter die diertjie se oë?
  1. Die digter sê die diertjie lyk ook ‘n bietjie soos ‘n …
  1. Hoe wil die digter graag hê moet ons oor die diertjie voel?
  1. Skryf al die verkleinwoordjies neer wat in die gedig voorkom:
  1. Skryf ‘n verkleinwoord neer vir:

klein kameleon:

mini dinosaurus

  1. Is hierdie gedig ‘n liefdesgedig?

Ja of Nee

Motiveer jou antwoord.

  1. Wanneer sê ons iemand is ‘n trapsuutjies?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer:
1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening;
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:
  • rolspeel in ‘n storie;
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
2.5.1 let op duidelike spraak;
2.5.2 korrekte pousering;
2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,
LU 3
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken;
3.2 stillees korrek en met begrip toepas;
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel);
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë).
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel:
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8

Memorandum

Beantwoord die volgende vrae:

  • ‘n Verkleurmannetjie
  • Verkleurmannetjie

(c) Bont, geskenkpapier

(d) sy eie lyf

(e) ‘n Draak

(f) Monster

(g) Ronde oumens-ogies

(h) Ons moet hom liefkry

(i) Baba-likkewaan

(j) lyfie, prentjie, kloutjies, diertjie-bedjie, knoppies, gevreetjie, oumens-ogies, bekkie.

  1. kameleontjie

dinosaurissie

  1. Ja, dit is ‘n liefdesgedig.

Die verteller in die gedig vertel die verkleurmannetjie hoe pragtig hy is en hoe mense wat hom optel, hom vir altyd liefkry.

In die eerste twee versreëls spreek die verteller vir die verkleurmannetjie aan as “ My klein kameleon, my mini-dinosaurus dier”

  1. Wanneer ‘n persoon stadig beweeg, m.a.w. ‘n baie stadige mens.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask