<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 5

Skryftekens en spelling

Opdrag 1:

Om die skryftekens korrek te gebruik

[lu 6.1.3]

Die afkappingsteken

  1. Besin (in groepe) waarom ego’s en skadu’s , sowel as die onderstaande woorde, met afkappingstekens geskryf word.

kano’s ; hoera’s ; Van Breda’tjie ; rabbi’tjie

Die oplossing is:

  1. Verklaar ook waarom woorde soos oumas, oupas, sofas en malvas nie met ‘n afkappingsteken geskryf word nie.
  2. Die meervouds- en verkleiningsvorme van EIENAME (vanne) wat op ‘n onuitgesproke e en s eindig, kry ‘n afkappingsteken.

- e byvoorbeeld Terblanche’e, Terblanche’ie

- s byvoorbeeld Marais’s, Marais’tjie

Hierdie reël geld wanneer die - e , en - s nie in die enkelvoud uitgespreek word nie.

  1. Die meervouds- en verkleiningsvorme van LETTERS kry ook ‘n afkappingsteken:
a a’s a’tjie
k
n
t

Opdrag 2:

Om skryftekens korrek te gebruik en vertroud te raak met kort- en langklanke

[lu 6.1.1]

Die deelteken en lettergrepe

  1. Verdeel die woord vroeë, in lettergrepe.
  1. Wat is dus die funksie van ‘n deelteken?
  1. Skryf nog vier woorde met deeltekens neer en verdeel hulle langsaan in lettergrepe.
  1. Wanneer lettergrepe gebruik word, sal jy sien dat daar twee soorte lettergrepe is, nl:
OOP LETTERGREPE‘n Oop lettergreep eindig op ‘n GESLOTE LETTERGREPE‘n Geslote lettergreep eindig op ‘n
  1. Verdeel die volgende woorde uit die gedig in lettergrepe en skryf langs elke lettergreep of dit oop of geslote is:

geskenkpapier

diertjie – liedjie

hartedief

Wanneer jy ‘n woord skryf , breek jy die woord soms op ander plekke op as wanneer jy dieselfde woord sê:

Kyk na die volgende voorbeelde:

Ons skryf sok-kie en sê so-(k)kie

Ons skryf pot-te en sê po-(t)te

Die lettergrepe en klankgrepe van ‘n woord is dus nie altyd dieselfde nie.

Opdrag 3:

Om skryftekens korrek te gebruik

[lu 6.1.3]

Die koppelteken

Die gebruike van die koppelteken:

na-aap; uie-oes; ru-olie

  • Dus by die opeenhoping van
  • By saamgestelde titels, bv. adjunk-minister en
  • By herhalings, bv. gou-gou en

Ma-hulle; Anwar-hulle; Oom Simon-hulle

  • Dus by samestellings, waarvan die laaste deel vorm .
  • By samestellings met letters of syfers,

bv. A-span en

  • Samestelling van rigting en aardrykskundige name,bv. Oos-Kaap; Soweto-Wes

Opdrag 4:

Om skryftekens korrek te gebruik

[lu 6.1.3]

Die Kappie

Die kappie word gebruik om die besondere klank van ‘n klinker aan te dui.

Byvoorbeeld:

more -

kerel -

rue -

wereld -

Voeg nog voorbeelde by deur in groepsverband daaroor te besluit.

-

-

-

-

-

Assessering

LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei.

Memorandum

Die deelteken en lettergrepe

(a) vroe - e

(b) Die deelteken dui die begin van ‘n nuwe lettergreep aan.

  • voël vo - el

beëindig be - eindig

moeë moe - e

ruïne ru - ine

  • oop lettergrepe eindig op ‘n vokaal

geslote lettergrepe eindig op ‘n konsonant

(e) ge - skenk - pa - pier

ge - : oop

skenk - : geslote

pa -:oop

pier: geslote

dier - tjie - lie - djie

dier - : geslote

tjie - : oop

lie - : oop

djie : oop

hart - te - dief

hart -:geslote

te -:oop

dief -:geslote

Die koppelteken

  • Word gebruik by die opeenhoping van vokale saamgestelde titels:
  • hoof-mediese beampte
  • direkteur-generaal
  • sersant-majoor
  • speurder-sersant
  • By herhalings:
  • fluit-fluit
  • kamma-kamma
  • plek-plek
  • so-so
  • toi-toi
  • staan-staan

By samestellings waarvan hulle die laaste deel vorm

By samestellings met letters of syfers:

  • A-span R100-noot
  • B-mol 9 mm-pistool
  • V-hals 50c-stuk
  • DNS-molekuul 4 × 4-entoesias
  • U-vormig 1994-verkiesing

Opdrag 4:

Om skryftekens korrek te gebruik

  • Die kappie
  • môre
  • kêrel
  • rûe
  • wêreld

sê, hê, wîe, bêre, nêrens, affêre, aikôna, gô, sôe, brûe.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask