<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Plante: van bou tot genetika

Module 25

Die mikroskoop

Plante, net soos alle ander lewende organismes, bestaan uit basiese eenhede of selle.

Die bou van selle kan mikroskopies ondersoek word. Om dit te kan doen, moet jy eers weet hoe ‘n mikroskoop werk. Dit sal verdere studiemoontlikhede ontsluit.

Aktiwiteit 1:

Om die werking van 'n mikroskoop te kan verduidelik

[lu 1.2; 1.3]

Jou onderwyser sal die bou van die mikroskoop met al sy dele met jou deurgaan, asook die hantering en alle reëls wat geld met die gebruik van sulke duur apparaat.

Aktiwiteit 2:

Om die verskillende dele van 'n mikroskoop te identifiseer

[lu 2.1; 2.2; 2.4]

Opdrag 1:

  1. Voltooi die byskrifte in die skets.
  2. Skryf die funksies van die dele in die tabel hieronder in:
Mikroskoopdeel Funksie
1. Oogstuk/ okulêr
2. Buis
3. Arm
4. Growwe stelskroef
5. Fyn stelskroef
6. Roterende neusstuk
7. Objektiewe/ lense
8. Klampe
9. Platform
10. Diafragma
11. Kondensor
12. Ligbron

3. Skryf enige belangrike hanteringsreëls neer:

4. Verduidelik hoe jy vergroting bepaal:

5. Wat is die vergroting waarop die mikroskoop waarmee jy werk, nou ingestel is? Toon jou berekening.

Assessering van Mikroskoopfunksies

Kon jy basiese dele onderskei en funksies gee?

[LU 1.2; LU 1.3]

Aktiwiteit 3:

Om die mikroskoop as apparaat te gebruik

[lu 1.2; lu 1.3]

Opdrag 1:

Werk in groepe saam en doen die volgende:

  1. Skryf met ‘n transparantpen op ‘n voorwerpglasie en kyk daarna onder lae vergroting.
  2. Skeur ‘n baie klein stukkie papier af, plaas dit op die glasie en besigtig.
  3. Kyk na iets van jou keuse, bv. ‘n klein dooie insek soos ‘n mier, of een van jou eie hare.
  4. Kyk na ‘n paar korrels suiker.

Teken dit wat jy sien op ‘n vel papier.

Opdrag 2:

Maak ‘n nat preparaat van ‘n stukkie epidermis van ‘n uieblaar. Jou onderwyser sal eers die tegniek demonstreer. Kyk eers onder lae, en daarna onder hoë vergroting.

Teken die preparaat soos met die blote oog gesien, en dan soos deur die mikroskoop gesien.

Die baksteenvormige strukture is selle. Die hele liggaam van alle plante en diere (die mens ingesluit) is uit selle opgebou.

Opdrag 3:

Skryf enige wenke neer wat jy kan gee t.o.v. hantering en die vind van die regte beeld noudat jy self ‘n mikroskoop hanteer het.

Hoekom sou jy die preparaat wou kleur met ‘n kleurmiddel?

Vra jou onderwyser watter kleurmiddel jy sou kon gebruik.

Assessering van Mikroskoop-prakties

Kon jy items hanteer en sketse voltooi?

[LU 1.2; LU 1.3]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 1:

Plante, net soos alle organismes, bestaan uit basiese eenhede of selle.

  • Die bou van selle kan mikroskopies ondersoek word. Om dit te kan doen, moet jy eers weet hoe werk ‘n mikroskoop. Dit sal verdere studiemoontlikhede ontsluit.

1. Byskrifte: volgens skets

2. Funksies van die dele

BOU VAN MIKROSKOOP

MIKROSKOOPDEEL FUNKSIE
Oogstuk/ okulêr Lens aan bopunt van buis, help met vergroting
Buis Ligstrale beweeg daardeur; plaas okulêr en objektiewe uit mekaar
Arm Vashoustuk
Growwe stelskroef Beweeg platform nader aan objektief; Aanvanklike fokus
Fyn stelskroef Fyne diep fokus
Roterende neusstuk Om objektiewe in posisie te skuif
Objektiewe/ lense Verskillende vergrotings moontlik
Klampe Hou mikroskoopskyfie in posisie
Platform Plasing van mikroskoopskyfie
Diafragma Beheer hoeveelheid lig wat deur voorwerp na oog gaan
Kondensor Konsentreer lig op voorwerp
Ligbron Gloeilampie of spieëltjie

Hantering van mikroskoop

1. Dra versigtig – gebruik beide hande

2. Moenie vingerafdrukke laat nie

3. Moet nooit lense verwyder nie

4. Versigtig met hoogste objektief

5. Hou mikroskoop vry van stof en klammigheid.

Vergroting

Waarde op objektief x waarde op okulêr

  • Bv. 10 x 40 = 400 x vergroot

OPDRAG 1:

Prakties

OPDRAG 2:

Nat preparaat

1. Neem mikroskoopskyfie/voorwerpglasie – vee skoon.

2. Plaas enkele druppel skoon water met drupper in die middel.

waterdruppelvoorwerpglasie

3. Neem voorwerp versigtig met tangetjie of dissekteernaald en plaas in waterdruppel. Vou oop en plat.

4. Neem naald en plaas regop in middel van voorwerp.

5. Plaas dekglasie skuins teen naald.

6. Neem naald vinnig weg sodat glasie in plek val.

7. Tik liggies met naald se agterkant die moontlike lugblasies uit.

8. Kleur met jodiumoplossing vir beter seldefinisie. Styselkorrels sou ook kleur.

PLANTSEL

Dit bestaan uit ‘n raamwerk met ‘n spesiale vloeistof – PROTOPLASMA – en verskeie strukture dryf daarin.

OPDRAG 3

  • Beheer die hoeveelheid lig versigtig met die kondensor
  • Fokus versigtig op en af wanneer jy met hoogste vergroting te make het
  • Kleuring: met jodiumoplossing vir beter seldefinisie.Styselkorrels sou ook kleur

Questions & Answers

prostaglandin and fever
Maha Reply
Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask