<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

'n vroeë afrika-gemeenskap: mense van s.a.

Module 12

Musiek uit afrika

Hierdie tema word nou letterlik met ‘n lied in die hart afgesluit. In Suid-Afrika woon, eet en sing die mense mos graag saam!

‘n Mens kan natuurlik verwag dat ‘n land met so ‘n ryke verskeidenheid mense ook ‘n wonderlike verskeidenheid musiek sal hê. Dit wissel van die San se eensnaar-ghoera, die polsende ritme van die mbqanga in baie swart woonbuurte, lewendige volksliedere van die Kaapse Klopse, simfonie-orkeste tot die tromme van werkers op olie- en vullisdromme.

AKTIWITEIT 1

OM BRONNE OOR DIE VERSKILLENDE GROEPE SE MUSIEK TE GEBRUIK

[LU 1.2]

a) Die San en Khoina

Die San het natuurlike materiale gebruik om hul musiekinstrumente van te maak. So is stringe ratelende krale om hul enkels vasgemaak wanneer hulle gedans het. Die skietboog is effens aangepas om musiek mee te maak en is ‘n ghoera genoem. Dit is bespeel deur met ‘n ligte stokkie op die snare te slaan. Vandag gebruik hulle ook materiale soos blikkies en koperdraad.

Die Khoina het fluite bespeel wat vervaardig is uit riete van verskillende lengtes. (Wat dink jy kon hulle gebruik het as daar nie riete beskikbaar was nie?) Hulle het ook dromme gemaak deur diervelle oor kleipotte te span.

San

Khoina

Doen die volgende navorsing in julle groepe:

In watter tipe bronne kan ‘n mens, byvoorbeeld oor musiek, na inligting gaan soek?

Vra ook vir jou onderwyser om aan jul te verduidelik hoe ‘n biblioteek se katalogus werk.

‘n Ghoera en tuisgemaakte kitaar is voorbeelde van snaarinstrumente. Gee die name van nog drie snaarinstrumente en maak ‘n eenvoudige sketsie langsaan.

b) Swart mense

Die enigste volkere in Suid-Afrika wat tradisionele tromspelers was, was die Venda-, Pedi- en Tsongavolkere. Die Ngunivolkere, soos die Xhosas en Zoeloes, het eerder met hulle wapens teen hulle beesvelskilde geslaan, of hulle skilde op die grond gestamp terwyl hulle krygsliedere gesing het. Die Ngunivolkere het eers in die latere jare hulle eie tromme met velle gemaak. Dié tromme is dan met twee tromstokkies bespeel.

Nguni-trom

Xilofoon

‘n Ander tradisionele musiekinstrument is natuurlik die xilofoon. Dié woord is afgelei van die Griekse woorde wat “hout” en “klanke” beteken. Dit is houtblokke van verskillende lengtes wat met stokke met harde koppe bespeel word. Soms is hol kalbasse onder die houtblokke vasgemaak om só die klankvolume te versterk.

Die Tsongas en Vendas het ook xilofone met vaste klawers gebruik. Sommige swart volkere het ook horings (van wildsbokke) gebruik en dit soos die vroeëre rietfluitspelers van die kant af geblaas.

Ghoera

Jou vriend Ben, van Soweto, wil ‘n tipiese tradisionele musiekinstrument van sy groep vir jou as verjaarsdaggeskenk gee. Doen navorsing en gee nou vir hom die name van vyf sulke musiekinstrumente in die volgorde soos jy daarvan hou. Sê ook hoekom jy dit so gerangskik het.

c) Klassieke tydperk

Tydens die Nederlandse bewind (sewentiende eeu) aan die Kaap is militêre musiek tydens seremoniële geleenthede met tromme, trompette en ander blaasinstrumente gespeel. By ryker gesinne het slawe-orkeste opgetree of het die kinders die gaste vermaak met viool-, fluit- en harpmusiek. In dieselfde tyd in Europa, het Duitsland gespog met van die wêreld se grootste komponiste, naamlik Johann Sebastian Bach en George Friederich Handel.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask