<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Demokrasie of oorlog

Module 10

Die anglo-boereoorlog

Die Groot Trek na die binneland vanaf (ongeveer) 1838 het veroorsaak dat twee Boere-republieke, nl. die Transvaal en die Oranje-Vrystaat tot stand gekom het. Die boere wat in dié Republieke gewoon het, was vry mense en ver buite die bereik van die Britse oorheersing aan die Kaap. Verskeie gebeure het veroorsaak dat die Britse regering meer in die Republieke begin belangstel het en selfs bereid was om oorlog te voer om die gebied onder Britse beheer te plaas.

In 1877 het Brittanje die Transvaalse republiek, genoem die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) oorgeneem. Die Boere was woedend, en die eerste Anglo-Boereoorlog (1880 – 1881) breek uit. Na verskeie nederlae en groot verliese, veral die Slag van Majuba, gee die Britte oor. Op 23 Maart 1881 is ‘n Vredesooreenkoms onderteken en Transvaal is aan die Boere teruggegee.

In 1886 is goud aan die Witwatersrand ontdek. Mettertyd het die gedagte by Brittanje ontstaan om die Krugerregering van Transvaal oor te neem, sodat Brittanje die goud in besit kon neem. President Kruger het ‘n ultimatum aan die Britse regering gestel dat hulle hul soldate op hul grense moes terugtrek. Soos te wagte, is dit verwerp en op 11 Oktober 1899 is oorlog verklaar.

Die Anglo-Boereoorlog het van 1899 – 1902 plaasgevind ná verskeie botsings tussen Boer en Brit in Suid-Afrika. Verskillende name is aan die oorlog gegee:

- die Vryheidsoorlog

- die Tweede Vryheidsoorlog

- die Groot-Boereoorlog;

- die Suid-Afrikaanse Oorlog of die Anglo-Boereoorlog.

‘n Oorlog tussen twee klein republiekies en die magtige Britse Ryk in Groot Brittanje het gevolg. Ongeveer 64 000 boere teenoor die 100 000 Britse troepe, wat later tot 448 000 sou aangroei.

Ons gaan hierdie module deur selfstudie deurwerk. Dit is onmoontlik om die volledige oorlog in die klaskamer deur te werk. Kry goeie boeke in die biblioteek of by jou onderwyser en lees soveel as moontlik oor die oorlog.

In hierdie leereenheid word ‘n kaart, tydlyn, tekeninge en agtergrondinligting verskaf om vir jou ‘n geheelbeeld te verskaf. Daarna verskaf elke leereenheid slegs spesifieke agtergrondsinligting, koerantartikels en spotprente om jou te help.

Aktiwiteit 1:

Om die kronologie en tyd van die anglo-boereoorlog te verstaan

[lu 2.1]

a) Stel ‘n meer kindervriendelike tydlyn of kaart saam waarin belangrike momente tydens die oorlog verduidelik word. Meegaande kaart en sketse/artikels gaan jou hiermee help.

BRON A

Verloop van die oorlog

BRON B

Sketse/artikel oor Britse en Boere-generaals.

Voor: Buller ; Agter: Colley, Kitchener en Baden-Powell

Britse Generaals

  • Sir George Colley was aanvoerder van die Britse magte in Natal tydens die eerste Anglo-Boereoorlog. Hy het by Majuba gesneuwel.
  • Sir Redvers Buller was met die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog in bevel van die Natalse veldmag. Maar hul eerste veldslae het rampspoedig verloop.
  • Lord Frederick Roberts het Buller as aanvoerder van die Britse magte opgevolg. Hy het Bloemfontein en Pretoria beset.
  • Lord Horatio Herbert Kitchener het in 1900 vir lord Roberts opgevolg. Hy is vir konsentrasiekampe en die afbrand van plase gekritiseer.

Lord Robert Baden-Powell het tydens die 217-dae-beleg van Mafeking ‘n Britse held geword. Hy was ook die stigter van die Boy Scouts.

Botha, Smuts, De Wet, Joubert

Boere-generaals

  • Louis Botha het generaal Piet Joubert as kommandant-generaal van die Transvaalse kommando’s opgevolg. In 1910 het Botha die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika geword.
  • Jacobus (Koos) de la Rey het hom by die Slag van Modderrivier onderskei. Hy het loopgraafoorlogvoering by Magersfontein begin en later in die guerilla-oorlog geveg.
  • Petrus (Piet) Joubert was twee keer president van die ZAR en ‘n kommandant-generaal tydens die eerste Anglo-Boereoorlog.
  • Jan Christiaan Smuts het die guerillafase van die tweede Anglo-Boereoorlog help beplan. Hy was twee keer die premier van die Unie van Suid-Afrika.
  • Christiaan Rudolf de Wet het in die eerste Anglo-Boereoorlog geveg en was hoofkommandant van die OVS tydens die tweede Vryheidsoorlog.

Uit: KTV: Alles oor S.A.

BRON C: Britse en Boere soldate tydens gevegte

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask