<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Demokrasie of oorlog

Module 9

Die amerikaanse vryheidsoorlog

Daar is verskillende maniere waarop mense hulself kan regeer. Een van hierdie maniere is ‘n demokratiese regering. In ‘n demokrasie neem elke persoon deel aan die maak van reëls en wette. Elkeen staan saam om die reëls wat die meeste mense verlang, te gehoorsaam.

In hierdie module gaan ons ‘n studie maak van twee voorbeelde waar inwoners nie demokratiese regte gehad het nie. Dit het ongelukkig tot konflik en oorloë gelei:

- Amerikaanse Vryheidsoorlog (1775 – 1783)

- Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902)

Kan jul nog onthou hoe demokrasie in Suid-Afrika ontwikkel het? Jul het ‘n module daaroor verlede jaar gedoen!

Aktiwiteit 1:

Om die oorsake van die emigrasie na amerika te verskaf

[lo 2.2]

Waarom vind emigrasie na Amerika plaas?

Meer as twee eeue gelede het setlaars, veral vanaf Europa, na Amerika begin verhuis. Dit was een van die grootste immigrasies van alle tye. Daar was bepaalde geskiedkundige (historiese) en aardrykskundige (topografie, klimaat) redes waarom die setlaars die ooskus van die huidige Noord-Amerika verkies het.

  • Bestudeer eers meegaande drie bronne, en voltooi dan die opdrag wat volg.

BRON 1

Die ontstaan van die VSA

BRON 2

  • Europeërs het na Amerika geëmigreer veral vanweë ekonomiese redes. Brittanje het ernstige ekonomiese probleme ondervind, veral tussen 1620 en 1635. Teen 1690 was daar meer as 250 000 mense, wat ook immigrante vanaf Duitsland, Ierland, Skotland, Switserland en Frankryk ingesluit het, in Amerika woonagtig. Teen 1775 het meer as 2 miljoen mense in Amerika gebly.
  • Omstreeks 1610 besit Engeland ‘n klein nedersetting in Virginië. Algaande is katoen en tabak in die oostelike deel van die vasteland verbou, ook deur ander Wes-Europese lande wat kolonies daar besit het. In die 17 de eeu neem die bevolking van die Britse kolonies toe – veral weens godsdiensvlugtelinge uit Engeland. In die 1700’s was Brittanje ‘n handelsland. Brittanje het van die gebiede waarmee hul handel gedryf het, oorgeneem. Die gebiede is kolonies genoem. Britse fabrieke het die grondstowwe gebruik vir hul fabrieke.
  • Tussen 1607 en 1732 het Engeland 13 gebiede aan die suidoostelike gebied van die suidoostelike kus van Noord-Amerika gekoloniseer.
  • Teen 1732 was daar reeds 13 selfregerende kolonies. Omdat die kolonies al hoe ryker geword het, het Brittanje al hoe meer begin voorskryf t.o.v. die handelsbeperkings en belastings.Bron 3

Topografie

Reënval

  1. Hou nou ‘n klasgesprek oor die volgende vrae:

(i) Waarom het die immigrante Europa veral verlaat? Is dit aanvaarbare redes om jou land te verlaat? Waarom?

(ii) Waarom het die setlaars hulself hier gevestig?

(iii) Waarom sou dit vir groot groepe moeilik wees om weswaarts uit te brei? (Wenk: topografie en klimaat)

(iv) Watter produkte word tans in dié streek verbou?

(v) Gee voorbeelde van (groepe) mense wat om soortgelyke redes na Suid- Afrika gekom het.

Aktiwiteit 2:

Om die gevolge van die emigrasie na amerika te verskaf

[lu 3.2]

Die Amerikaanse Vryheidsoorlog (Revolusie): 1775 – 1783

Brittanje weier om na die Amerikaanse koloniste se klagtes te luister. Die koloniste se ontevredenheid bereik breekpunt na die heffing van ‘n nuwe belasting op tee. Van hul leiers, vermom as Rooihuide, gaan in 1773 aan boord van skepe belaai met tee, wat in die Bostonhawe lê (bestem vir Engeland), en gooi die vrag in die water. Dit staan bekend as die Bostonse Teeparty.

Vanaf 1775 volg verskeie vyandelike voorvalle en behaal die Amerikaners die een oorwinning na die ander. Die bevelvoerder van die Amerikaanse magte, George Washington, slaag daarin om die Delawarerivier met 24 000 man oor te steek. In 1783 is Brittanje verplig om oor te gee en die onafhanklikheid van die Amerikaanse kolonies in die VSA te erken.

Drie beroemde Amerikaners wat ‘n groot rol in die opstel van die Amerikaanse grondwet gespeel het: (links na regs) John Adams, Benjamin Franklin en Thomas Jefferson.

In 1787 word die konsep-grondwet van die VSA goedgekeur. Daarna het die VSA uitgebrei nadat daar 13 kolonies in die 17 de en 18 de eeu gestig is. Gedurende die 19 de eeu het meer as 30 nuwes bygekom. Die getal het in die begin van die 20 ste eeu aangegroei tot 50 state wat almal lid van die federasie geword het. Tans strek die VSA van die Atlantiese tot die Stille Oseaan, ‘n afstand van meer as 4 000 km.

Die ontwikkeling van die VSA

b) Die onafhanklikheidsverklaring, wat reeds in 1776 opgestel is, vorm deel van die Amerikaanse grondwet.

“Alle mense is as gelykes geskape, en die Skepper het hul sekere onvervreembare regte gegee, waaronder die lewe, die vryheid en die strewe na geluk”

Artikel uit Onafhanklikheidsverklaring

  • Het die mense van die VSA dit bereik? Motiveer.
  • Stem jy daarmee saam? Motiveer.

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) i) Ekonomies veral, godsdienstig

  1. Die Oostelike deel van VSA het ‘n beter klimaat
  2. Al hoe minder reën, met ander woorde, droog
  3. Katoen, tabak
  4. Franse Hugenote, Britse Setlaars

Aktiwiteit 1.2

(b) Ja – dit vorm deel van grondwet. Die VSA word beskou as “Sweet land of liberty”.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask